Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, het op die Broodsnyersplaas-boerevereniging se Groendag in ’n paneelbespreking gesê die verslag hou ernstige gevolge vir die president se toekoms in.
“Regter Sandile Ngcobo het die regte bevinding gemaak deur onder meer te bevind dat die president die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede (Wet 12 van 2004) oortree het. Hierdie wet is destyds al geskryf om korrupte bedrywighede te voorkom en bevat ook die voorskrif dat onkunde nie ’n verweer is nie. Die president kan dus nie sê dat hy nie geweet het nie.”
Croucamp meen dat dit verreikende implikasies vir Ramaphosa se presidentskap inhou. Dit kan die president dwing om uit die amp te tree.