Die Poolse regering het tot verskeie nuwe toegewings ingestem om sy buurland en bondgenoot Oekraïne te help om sy landbouprodukte doeltreffend na of deur Pole na ander dele van die Europese Unie en die wêreld, uit te voer. Dit is terwyl Rusland se een jaar oue inval in Oekraïne voortduur.
Luidens ’n gesamentlike verklaring deur die Oekraïense landbouraad (UAC) en die organisasie Save Ukrainian Agriculture (SAVE UA) het Oekraïne ongeveer 60% van sy landbouproduksie uitgevoer voor die Russiese inval op 24 Februarie 2022.
'n Paar maande nadat die inval begin het, het die Verenigde Nasies en Turkye afsonderlike ooreenkomste met Rusland en Oekraïne beding vir 'n "humanitêre korridor" om Oekraïne in staat te stel om voort te gaan met die diepsee-uitvoere van sy landbouprodukte na lande wat vir hul eie voedselsekerheid daarop staatmaak.