
Ses bottels Nederburg Port 1964 het byna 18 keer meer as die reserweprys by die Nederburg-veiling in die Paarl behaal.
Die ses bottels is vir R62 000 by die 2 dae veiling opgeraap. Elkeen van die 750 ml van die gefortifiseerde wyne, gemaak van Shiraz-druiwe, het die gelykstaande van R10 333 gekos wat deur ‘n verteenwoordiger van Next International Nigeria Limited gekoop is.
Die enigste Port,,wat deur legandariese wynmaker, mnr. Günter Brözel gemaak is, was verseël. Die veiling se organiseerders het bevestig dat net een 6-bottel kis van die Port oor is. Dit is onbekend of dit in die toekoms opgeveil gaan word.
3 September 2010