AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Praat met swart middelklas: daar’s woema

Die groeiende swart middelklas is dié groep verbruikers met wie boere moet gesels rakende bemarkingstrategieë.

Die swart middelklas is reeds twee maal so groot soos die wit middelklas en is steeds aan die groei. Hierdie is die mark waarmee boere wil praat, as hulle ’n handelsmerk wil stig, volgens prof. John Simpson van die Universiteit van Kaapstad.

“As die nie vir 5,6miljoen middelklas swart mense was nie, was ons ekonomie nou verpletter.” Só het prof. John Simpson, direkteur van die Unilever Instituut by die Universiteit van die Wes-Kaap by die Produce Marketing Association (PMA) se Fresh Connections-konferensie in Pretoria aan die meer as 500 afgevaardigdes gesê.

“Vir die swart middelklas is gehalte en konsekwentheid baie belangrik en daarom is handelsmerke ongelooflik belangrik. Hulle wil nie teleurgestel word nie en sal eerder ’n bietjie meer betaal vir ’n handelsmerk waarin hulle kan vertrou. Dít geld vir varsprodukte, net soos vir luukshede,” sê Simpson.

Boere sal bemarkingstrategieë moet aanpas

Volgens mnr. Juan-Ivan Smuts, finansiële direkteur van Smutsbrothers Agri boerdery naby Robertson, wat die konferensie bygewoon het, het Simpson se aanbieding hom opnuut laat besef dat boere hul bemarkingstrategieë moet aanpas by die verbruiker. “Volgens hierdie inligting groei die swart middelklas baie vinnig terwyl die wit-middelklas krimp. Ons moet dus ons oë oopmaak vir die werklikheid as ons relevant wil bly vir die mark van die toekoms,” aldus Smuts.

Benewens die feit dat die swart middelklas sterk groei, is dit ook dié segment van die bevolking met die mees positiewe ingesteldheid. Volgens Simpson se navorsing is bykans 70% van die swart middelklas meer optimisties oor hul toekoms as vyf jaar gelede teenoor slegs 30% van die wit middelklas wat meer optimisties is as vyf jaar gelede en 40% van die wit middelklas wat minder optimisties is as vyf jaar gelde.

Besoek Woollies

Simpson het gewaarsku dat alhoewel daar nie veel verskil is tussen wit en swart middelklas nie, is die wyse waarop doeltreffend met die twee groepe kommunikeer word, totaal verskillend. “Die swart-middelklas wil nie ’n fout maak as hulle geld bestee nie. Hulle gaan nie na boetiek-winkels toe nie, want hulle ken dit nie. Hulle gaan na Woolworths toe, want hulle vertrou Woolworths as ’n handelsmerk en ook die bekende handelsmerke van die produkte op die rakke,” sê Simpson.

So lojaal soos wat hierdie segment van die bevolking aan handelsmerke is en hoewel daar altyd plek is vir nuwe handelsmerke om lojaliteit te wen, waarsku Simpson teen ’n poging om jou eie handelsmerk in hierdie mark te probeer stig as jy hulle nie baie goed ken nie.

* Lees ook: Landbou moet verbruiker terug wen

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
19.98
+0.7%
Rand - Euro
17.57
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.74
-0.3%
Silwer
20.55
-0.5%
Palladium
2,282.50
+1.1%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot