AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Práát oor onteiening sonder vergoeding

In die aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Desember is dit belangrik om oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding te praat, sê mnr. Theo Boshoff van Agbiz.

Onteiening sonder vergoeding, die koste van grondhervorming en die oordrag van titelaktes het vir hom uitgestaan as belangrike onderwerpe op die seminaar oor grondhervorming wat die prokureursfirma Werksmans onlangs aangebied het, sê mnr. Theo Boshoff, bestuurder van regsinligting by die landbousakekamer Agbiz.

Hy sê dit is nou 'n goeie tyd om debat oor belangrike kwessies te stimuleer in die aanloop tot die ANC-konferensie in Desember. Tydens dié konferensie sal besluite oor die pad vorentoe met grondhervorming in die algemeen, asook oor onteiening met of sonder vergoeding spesifiek, na verwagting geneem word.

Die kwessie van onteiening sonder vergoeding het die potensiaal om alles anders rakende grondhervorming te oorskadu. Juis daarom moet die huidige “venstertydperk” ná die ANC se beleidskonferensie middel vanjaar en voor die konferensie in Desember benut word om die voor- en nadele daarvan deeglik te ondersoek, het Boshoff gesê.

Mnr. Thami Mdontswa, voormalige adjunk-grondeisekommissaris en nou 'n hoofdirekteur by die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het gesê voor 'n mens eintlik oor onteiening sonder vergoeding kan praat, moet jy weet wie Suid-Afrika se grond besit.

Hy sê voorlopige bevindinge is dat wit mense 70% besit, swart mense 5%, bruin mense 15%, Indiërs 6% en “ander” mense 4%. Dié bevindinge kom waarskynlik uit die Regering se grond-oudit, wat nog nie bekend gemaak is nie.

Plafonne

As die staat perke op grondbesit wil instel, soos voorgestel in die wetsontwerp op die regulering van grondbesit, moet die koste daarvan teen die voordele opgeweeg word, het Boshoff gesê. Verbande sal byvoorbeeld gederegistreer en heroorweeg moet word. Dit kan sommige boere verhinder om skaalekonomie te bereik en dit kan beleggersvertroue, asook verbandfinansiering benadeel.

“Sal die afgesnyde stukke grond lewensvatbaar wees? Sal daar toegang tot hulpbronne, paaie en munisipale dienste wees?” het Boshoff gevra. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, het gesê dit is onaanvaarbaar dat die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming volgens die wetsontwerp deur regulasies grondplafonne sal kan vasstel.

“Dit gee die minister carte blanche. Dit gee mag om regtig groot ontwrigting in die voedselproduksiesektor te veroorsaak,” het Purchase gesê. Volgens me. Bulelwa Mabasa, 'n direkteur van Werksmans, moet 'n wet duidelik wees. As plafonne nie in die wet vervat is nie, kan dit dalk ongrondwetlik wees.

Mdontswa het egter gesê wetskrywers meen administratiewe wetgewing hoef nie deel van die wet te wees nie.

“As die minister 'n mag het, moet sy besluit rasioneel wees. Alle beginsels van administratiewe wetgewing sal geld.”

Mdontswa het gesê dit is moeilik om plafonne in die wet in te sluit omdat dit van distrik tot distrik sal verskil. 'n Groep ministers behoort eerder saam daaroor te besluit, onder meer op grond van reënval, die soort grond en ruimtelike beplanning vir 'n distrik.

Alternatiewe

Mdontswa het gevra dat mense nie net die staat se voorstelle veroordeel nie, maar met alternatiewe oplossings na vore kom, soos Agbiz doen. Boshoff het gesê Agbiz staan gesamentlike ondernemings pleks van mentorskap vir nuwe boere voor. Dit is aangesien mentors nie noodwendig aanspreeklik gehou kan word nie, terwyl iemand sy eie balansstaat op die spel moet plaas as hy 'n gesamentlike onderneming met iemand anders aanpak.

Agbiz is ook 'n voorstander van die reg op eerste weiering. Namibië het, met 'n baie kleiner staatskas, reeds 22% van sy grond hervorm, vergeleke met Suid-Afrika se syfer van 8-9%, het Boshoff gesê.

Purchase het wel genoem dat daar ná 2,5 jaar nog niks gekom het nie van die model wat Agbiz en die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) aan die Regering voorgestel het, waarvolgens kapitaal uit die private sektor vir grondhervorming ontsluit kan word.

Minder geld

Mdontswa het juis verduidelik hoe sy departement die laaste jare ál minder geld vir grondhervorming gehad het. Dit was onder meer omdat hy met dieselfde begroting ook aan landelike ontwikkeling moes begin aandag gee en grondhervormingsplase moes herkapitaliseer.

Mdontswa het gesê die Nasionale Ontwikkelingsplan stel 'n mikpunt dat 20% van grond (oftewel 16,4 miljoen ha) teen 2030 hervorm moet wees.

Tot nou toe is 8,2 miljoen ha hervorm en vir die oorblywende 8,2 miljoen ha is R54 miljard nodig, maar slegs R4 miljard is in die mediumtermyn-begrotingsraamwerk daarvoor begroot.

Waardasies

Die vestiging van die kantoor van die waardeerder-generaal lui 'n nuwe era in.

“Ons bied (die koopprys) aan wat die waardeerder-generaal sê ons moet. Ons onderhandel nie meer nie,” het Mdontswa gesê.

Boshoff het egter probleme met die voorgestelde regulasies oor eiendomswaardering uitgelig en gesê dit kan daartoe lei dat sommige eienaars te veel en ander te min betaal kan word.

Die voorgestelde formule vir waardasies behels huidige gebruik (huidige inkomste) van 'n eiendom, plus markwaarde, gedeel deur twee.

Volgens Boshoff strook so 'n rigiede formule nie met die Grondwet nie en ook nie met enige erkende metodes vir die waardering van landbougrond nie.

Die formule kan veroorsaak dat onderbenutte grond of leefstylplase benadeel word en kan belegging in grond ontmoedig.

Die waardeerder-generaal se waardasies sal egter nie bindend wees nie en partye moet ooreenkom of 'n hof moet daaroor beslis.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,715.43
-0.6%
Silwer
20.60
-2.2%
Palladium
2,252.50
-3.0%
Platinum
922.50
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot