AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Presidensie looi plan vir herkapitalisering van plase

Harde woorde oor die herkapitalisering van herverdeelde plase is in ’n dokument deur die Regering se eie kundiges uitgespreek. JOYLENE VAN WYK berig.

Die staat se reddingsplan vir herverdeelde plase wat aan opkomende swart boere toegeken is, regverdig nie naastenby die geld wat daarvoor ingeploeg word nie. Dit is vaag, oorambisieus en verhoog boonop swart boere se afhanklikheid van staatsgeld.

Dít is die gevolgtrekking van die Presidensie se Departement van Monitering en Evaluering oor die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se herkapitalisering-en-ontwikkelingsprojek.

(Skerp kritiek deur dieselfde kundiges in die Presidensie is vroeër die week gepubliseer, waar gewys is op die staat se ernstige gebreke met restitusie.)

Dié projek vir herkapitalisering is in 2010 van stapel gestuur nadat meer as 90% van plase wat die staat vir grondhervorming bekom het, onproduktief gelaat is weens min of geen ondersteuning nadat dit aan opkomende boere toegeken is. Dié plan moes plase red wat steeds potensiaal het om suksesvol te wees deur vennootskappe met ervare kommersiële boere te sluit en tegniese, infrastruktuur- en finansiële steun te verskaf.

Geen eenstemmigheid oor doel

“Geen eenstemmigheid heers oor wat die projek se doel is nie,” lui die verslag. “Byvoorbeeld, die doelwit om kleinskaalse boere in kommersiële boere te ontwikkel, ignoreer die feit dat byna ál die plase in die projek onafhanklike kommersiële eenhede was wat tot hul volle potensiaal as familieboerderye benut is.

“Die probleem is daarom om die nuwe bewoners van hierdie groot plase op ’n vlak te kry waar hulle onafhanklik kan boer en finansieel suksesvol kan wees.”

Die skrywers het gesê die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming moet die impak van sy steunprojekte vir die landbou heroorweeg en van sy doelwitte verander. Hulle het ook ’n aantal ernstige kwelpunte uitgewys.

Sleuteluitdrukkings, soos “herkapitalisering”, “ontwikkeling” en “noodlydende plase” (distressed farms), word byvoorbeeld nie in amptelike dokumente omskryf en gedefinieer nie, wat tot waninterpretasie en verwarring kan lei.

Geen regstreekse band

Geen regstreekse band bestaan tussen die projek se doelwitte en sy strukture en prosedures om te verseker dat dit behoorlik uitgevoer word nie.

Te min personeel – op nasionale én provinsiale vlak – is beskikbaar om toe te sien dat die projek optimaal funksioneer.

Dit is onduidelik hoe begunstigdes vir herkapitalisering gekies word, want die projek sluit plase in wat nie ’n geldelike inspuiting benodig het nie.

Finansiering is onvoldoende.

“Hierdie stelsel bevorder ook afhanklikheid van finansiering deur die staat en beperk die aantal boere wat gehelp kon word,” lui die verslag.

Projekte in provinsies

Die bevindinge is gegrond op ’n evaluering van grondhervormingsprojekte in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Gauteng, die Oos-Kaap, Limpopo en Noordwes van November 2012 tot Julie 2013, waarin 98 begunstigdes, staatsamptenare en kundige vennote wat deel van die projekte was, hul bydraes gelewer het.

Die navorsers meen hoewel die projek tóg hier en daar sukses behaal het, is dit onbevredigend, gegewe die miljoene rande wat daarop uitgegee is.

Van die begin van die projek in 2010 tot Junie 2012 is 640 plase van altesaam 530 934 hektaar herkapitaliseer. In die boekjaar 2012/’13 is nóg 629 plase ingesluit, en in 2014 ’n verdere 538 plase, wat neerkom op altesaam 1 807 plase.

Die oorspronklike finansieringsmodel, wat op ’n vyfjaarsiklus gegrond was, is reeds teen daardie tyd gewysig na vyf ontwikkelingsfases, omdat verskillende tipes projekte en boerderye teen verskillende tempo’s en in verskillende fases groei.

Die gemiddelde koste van die projekte het geëskaleer van R390 000 in die boekjaar 2010/’11 tot ongeveer R2 miljoen in die boekjaar 2012/’13.

Mikpunt om produksie te verhoog

Die vennootskappe neem die vorm aan van gesamentlike bestuursooreenkomste, gedeelde eienaarskap, mentorskap en kontrakboerdery. Die mikpunt is om landbouproduksie te verhoog, voedselsekerheid te verseker, kleinboere op te lei om kommersiële boere te word en om werk in die landbousektor te skep. Tydens die evaluering is 264 van die eerste 640 plase wat onder herkapitalisering geplaas is, met strategiese vennote verbind en 117 met mentors.

Die Presidensie se kundiges het gevind die meeste van die sakeplanne van die projekte wat vir finansiering goedgekeur is, het nie aan die minimum vereistes vir finansiering voldoen nie. “Dit is onduidelik hoe en op grond waarvan die finansiering goedgekeur is.”

Die vlak waartoe begunstigdes deel van die besluitnemingsproses was, het verskil na gelang van die provinsies, die soort vennootskap en landbou-aktiwiteit. In die Oos-Kaap het party vennote al die besluite oor produksie en finansiële bestuur geneem.

Oor die algemeen was begunstigdes egter nie deel van die daaglikse besluitneming nie. Party vennote het wél produksiekwessies met begunstigdes bespreek, maar selde finansies.

Geen besluite oor finansies

Mentors in die Oos-Kaap het hul begunstigdes wél by produksie én finansiële besluitneming betrek, terwyl begunstigdes in die Vrystaat besluite oor gewasse en diereproduksie kon neem, maar nie finansiële besluite nie.

Begunstigdes het wel tegniese vaardighede, en in mindere mate bestuursvaardighede, aangeleer. Oos-Kaapse begunstigdes het byvoorbeeld finansiële bestuur en tegniese ondervinding in die sitrus-, mielie-, tamatie-, bees-, en kleinveebedryf opgedoen, en in die Vrystaat tegniese vaardighede in vee- én gewasproduksie. Kennis oor daaglikse beplanning, voorraadopname en hoe om inkomste en uitgawes te bestuur, is ook oorgedra.

Altesaam 47% van begunstigdes het aangedui dat hul mentor of vennoot die geld beheer, terwyl 82% van begunstigdes in die Vrystaat en 79% in KwaZulu-Natal aangedui het hulle is nie by finansiële bestuur betrek nie.

Projek moet heelwat beter vaar

Die evalueerders kom tot die gevolgtrekking die projek moet heelwat beter vaar. Gewas- én veeproduksie op hergekapitaliseerde plase het toegeneem sedert die begin van die projek, maar boere se toegang tot markte bly ’n struikelblok.

Die verslag beveel aan dat al die Regering sy landbousteunprojekte vervang met ’n enkele projek wat álle fases van hervorming steun – die aankoop van die plase, uitbreiding, voorligting, landboufinansiering en marktoegang.

Dié steunprojekte sluit in die staat-kredietskema vir swart boere (Mafisa), die omvattende steunprojek vir die landbou (Casp) en Ilima-Letsema, wat gemeenskap-samewerking en kosproduksie aanmoedig as teenvoeter vir armoede.

Die verslag beveel ook aan dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming nouer saamwerk om landbouprojekte te ondersteun. Eenstemmigheid oor sleutelterme moet ook gekry word en spesifieke kriteria moet opgestel word oor hoe plase in die toekoms vir herkapitalisering en ontwikkeling gekies sal word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot