AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Produseer mielies teen uitvoerpariteit?

Winsgewende mielieproduksie teen uitvoerpariteit is ‘n goeie ideaal, maar is met huidige koste en internasionale pryse nie haalbaar vir die meeste boere in Suid-Afrika nie.

In 'n onlangse artikel “Graanboere moet wisselkoers troef” op Landbou.com noem mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, dat winsgewende mielieproduksie teen uitvoerpariteitspryse tot voordeel van Suid-Afrika se bevolking en ook ander bedrywe wat van mielies as inset afhanklik is, kan wees.

Volgens die kernopskrif van die artikel moet graanboere winsgewend teen uitvoerpariteit kan boer, met ‘n verskil van R2000 tussen in- en uitvoerpariteit.

Hoekom is in- en uitvoerpariteit prysvlakke belangrik vir die Suid-Afrikaanse mieliebedryf? Amerika produseer elke jaar meer mielies as wat daar gebruik word. Die VSA se mieliepryse word grootliks bepaal deur internasionale vraag- en aanbodvlakke – in- en uitvoerpariteitspryse kom nie ter sprake nie. Minimum prysvlakke vir die korttermyn word deur die federale regering se subsidie- en ondersteuningsprogramme bepaal, terwyl daar nie ‘n maksimumprys is nie.

In Suid-Afrika wissel mielieproduksie tussen te veel mielies om binnelands te gebruik tot te min vir binnelandse verbruik. Die prys van ingevoerde mielies is baie duurder as die prys waarteen uitvoermielies verkoop moet word. Afhangende van die mielie-oes se grootte styg pryse tot invoerpariteit of daal dit tot uitvoerpariteit.

Wat is die uitwerking op winsgewendheid?

Hoewel die meeste landboubedrywe aan prysskommelings onderhewig is as gevolg van vraag en aanbod, is dit meer geleidelik en is die wisseling nie só drasties as swaaie tussen die verskillende pariteitsvlakke in die geval van mielies nie.

Gewoonlik is uitvoerpariteitsmieliepryse sinoniem met mielieproduksie teen ‘n verlies. Selfs besproeiingsboere kan sukkel om ‘n wins te maak as ‘n uitvoerpariteitsjaar saam met lae internasionale pryse en ‘n sterk wisselkoers gaan.

‘n Goeie landboujaar kan só goed word dat die baie tonne (surplusse) deur ‘n vrot prys geneutraliseer word.

Ongelukkig is die teenoorgestelde (winsgewende mielieproduksie en invoerpariteit) nie vanselfsprekend nie. Invoerpariteit is, soos hierbo gesê, as gevolg van te min mielies. Te min mielies is, soos vanjaar, nie die gevolg van beplande produksievlakke nie, maar ongunstige produksietoestande, wat nog groter finansiële verliese tot gevolg het.

Goeie ideaal

Winsgewende mielieproduksie teen uitvoerpariteit is sekerlik ‘n goeie ideaal, maar is met huidige kostestrukture en internasionale pryse nie haalbaar vir die meeste boere in Suid-Afrika nie.  Doeltreffender produksiemetodes is ‘n aaneenlopende, langtermyn-doelwit en sal ook nie nou help nie.

Die enigste faktor wat surplusproduksie teen uitvoerpariteit winsgewend kan maak, is baie beter internasionale pryse, maar dit maak nie noodwendig kos goedkoper vir Suid-Afrika se mense nie. ‘n Swak wisselkoers is nie ‘n oplossing nie, want vanjaar se goeie pryse word volgende jaar se buite-verhouding verhoogde produksiemiddele.

As uitvoerpariteitsprysvlakke (surplusproduksie) nie werk nie, moet mielieproduksie sodanig aangepas word dat dit meer in lyn met binnelandse verbruik kan wees. Die vraag is hoe om dit te bewerkstellig.

Staatsbetrokkenheid

Die betrokkenheid van die staat by landboubedrywe in die vorm van subsidies, kwotas, bemarkingsregulasies, ens. was nog altyd omstrede. Die moontlike sukses daarvan hang ten nouste saam met die simpatie en “vriendelikheid” van die Regering van die dag teenoor die kommersiële landbou.

As bogenoemde verhouding positief is, kan staatsbetrokkenheid moontlik werk, maar ‘n negatiewe verhouding sal baie meer nadelig vir kommersiële produsente wees as die huidige stelsel met al sy tekortkominge.

‘n Landwye beplande produksie-afskaling is al voorheen probeer en was tot ‘n mate geslaagd, maar het tot groot ongelukkigheid en bitterheid onder produsente gelei. Stories soos “Ek het die helfte van my lande laat oorlê, terwyl my buurman voluit geplant het”, of “die gebiede wat droër/minder winsgewend is, moet eerder ophou plant” is nog lank nie vergeet nie.

Die kanse dat ‘n georganiseerde veldtog van hierdie aard in die toekoms sal werk, is skraal.

Wisselings tussen in- en uitvoerpariteitspryse bly vir produsente sowel as verwerkers ‘n groot uitdaging waarvoor daar nie kitsoplossings is nie. Dit sal eerder oor tyd deur veranderde produksiepatrone uitgeskakel word.

* Johann Strauss is ‘n navorser by BVG Commodities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot