
Baie goeie neerslae kan in die somersaaigebied en in die Noorde van Suid-Afrika voorkom – vanaf 28 tot 31 Maart, sê prof. Peet Pienaar.
Pienaar het met Landbou.com gesels en sy waarneming oor die baie goeie reën vir die Noorde meegedeel. Hy meen dat veral van dié noordelike dele wat nog onder die droogte gebuk gaan, reën sal kry.
Die groot vraag aan Pienaar is egter oor reënvooruitsigte vir die winterreëngebied. “Ek hoop daardie reën in die Noorde sal suidwaarts beweeg,” sê dié weerwaarnemer.
Hy verwag teen 11 April (of daar rond) reën in die Wes-Kaap, “maar ek is glad nie bekommerd oor die Wes-Kaap nie,” het hy gesê. “Ek stem nie saam met die doemprofete oor die vooruitsigte vir die Wes-Kaap nie. Die natuur sal homself nie vernietig nie.”
Hy meen ook dat die droogtegeteisterde Oos-Kaap reën in April sal kry, saam met die Wes-Kaap.