AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4526
-4,00
SOYA
30 Mrt
-
8263
20,00
SUNS
30 Mrt
-
8860
41,00
WEAT
30 Mrt
-
6720
18,00
WMAZ
30 Mrt
-
3841,6
-9,40
YMAZ
30 Mrt
-
4053,2
-12,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Projek vir bemagtiging kry waterregte

Na beraming sal 80 heeltydse en tot 700 seisoenwerksgeleenthede geskep word.

Die onlangse besluit van die Oos-Kaapse departement van water en sanitasie om waterregte toe te ken vir 675 ha op die plaas Wildemansplaas naby Uitenhage is deurslaggewend vir ’n ambisieuse bemagtigingsprojek van die Sondagsrivier-sitrusmaatskappy (SRCC).

Dié projek, Ikamva Lethu, wat “ons toekoms” beteken, sal na verwagting ook die SRCC se produksie beduidend opstoot en honderde sitruswerkers volwaardige aandeelhouers in ’n lewensvatbare uitvoer-onderneming maak. Die SRCC, wat 10% van Suid-Afrika se sitrusoes hanteer, het verlede jaar dié 1 200 ha-plaas gekoop en beplan om R300 miljoen aan die projek te bestee.

Dit bied aan 35 kommersiële sitrusboere die geleentheid om namens hul werkers aandele in Ikamva Lethu te bekom en sodoende hul eie SEB-doelwitte na te streef sonder om hul eie plase te onderverdeel. Die geld wat hulle vir die aandele betaal, sal vir die ontwikkelingskoste van die plaas aangewend word.

Domino-effek

Mnr. Ken Nieuwenhuizen, bestuurder van transformasie en ontwikkeling by die SRCC, sê Ikamva Lethu sal nie net die 400 gemeenskapslede wat aandeelhouers word, bevoordeel nie, maar ook ’n goeie uitkoms bied vir verwante bedrywe, soos logistiek, vervoer en verpakking.

Nieuwenhuizen sê die plan is dat die SRCC ’n 5,5%-aandeel in Ikamva Lethu sal hê en deelnemende kommersiële boere 34,5%. Heeltydse werkers, voorheen benadeelde werkers op plase in die Sondagsriviervallei en pakhuiswerkers van die SRCC sal die orige 60% hê.

Hy raam dat 80 heeltydse en tot 700 seisoenwerksgeleenthede geskep sal word wanneer die projek teen 2023 ten volle in bedryf is. Die projek sal in vier fases voltooi word. Tydens die eerste 18 maande sal die plaas ontbos en infrastruktuur opgerig word.

Omdat daar tans ’n wagtydperk van langer as drie jaar is om saailinge te bekom en nuwe boompies weens klimaatsverskille nie van buite die provinsie ingebring kan word nie, beplan die SRCC om as deel van sy opvoedkundige projek intussen ’n kwekery op die been te bring.

Die eerste bome sal teen die lente van 2019 in boorde gevestig word. Wanneer die plaas in volle produksie is, sal dit na raming 54 000 ton vrugte lewer, wat ongeveer 25% van die SRCC se huidige produksie is. Om dié volume saam met die beplande groei te hanteer, sal bykomende pak- en versappingsgeriewe waarskynlik ingerig moet word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.1%
Rand - Pond
22.37
-0.3%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
971.29
+1.2%
Palladium
1,451.69
+0.2%
Goud
1,968.83
+0.2%
Silwer
23.62
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,367
+0.7%
Alle aandele
76,973
+0.6%
Hulpbronne 10
67,830
+1.8%
Industriële 25
103,759
+0.4%
Finansiële 15
15,617
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot