AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Protesoptogte: Polisie moet sy kant bring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brande woed op 'n sitrusplaas tydens die onluste by Kirkwood in Junie 2022. Foto: Verskaf
Brande woed op 'n sitrusplaas tydens die onluste by Kirkwood in Junie 2022. Foto: Verskaf
Boere in die Oos-Kaap wat vanjaar etlike kere magteloos toegekyk het hoe gewelddadige betogers infrastruktuur afbreek en paaie na markte versper word, vra dat polisie sy kant bring om boere by te staan tydens protesaksies.

Mnr. Grewar Oosthuizen, ’n raadslid van Agri Oos-Kaap en verteenwoordiger vir die Gamtoos-boerevereniging, het op die kongres van Agri Oos-Kaap gesê dit begin dit nou die norm raak vir ontevrede landsburgers om paaie tydens protesoptogte af te sper, bande te brand en die paaie en infrastruktuur beskadig word. “Dit is suiwer misdadigheid en kan nie geduld word nie.”

In onlangse oproer begin Junie in Hankey in die Gamtoosvallei was toegang tot markte en vrye beweging vir vier dae beperk, tot groot koste vir wetsgehoorsame mense, produsente, besighede en die ekonomie, sê Oosthuizen. Volgens hom het die kwesbare gemeenskappe die meeste gely. Kinders kon nie skool toe gaan nie, mense in nood kon nie mediese behandeling kry nie en mense kon nie gaan werk nie.

Teen einde April het sitrusboere in die Sondagsriviervallei bykans R70 miljoen se skade aan infrastruktuur en R100 miljoen se skade aan uitvoervrugte gely toe inwoners en werkers onder meer infrastruktuur afgebrand het te midde van gewelddadige betogings vir hoër lone en teen buitelandse arbeiders.

Mnr. Peter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap, het gesê die provinsiale polisiekommissaris kon nie tydens een van die opstande in die hande gekry word om bystand te bied nie. Kommunikasiekanale na die premier van die Oos-Kaap is nou oop.

Verpligting

Oosthuizen het gesê hoewel mense wettig mag betoog, moet dit vreedsaam wees. Die wet bepaal ook dat landsburgers die reg tot die vryheid van beweging moet hê, om handel te kan dryf en dat elkeen die reg het tot ’n omgewing wat nie skadelik is vir hul welstand nie.

Hy het gesê volgens die Grondwet is die doelstelling van die polisie om geweld te voorkom en misdaad te ondersoek, om openbare orde te handhaaf, om die mense van Suid-Afrika en hul eiendom te beskerm en beveilig, en om die wet te handhaaf en af te dwing.

“Die polisie misluk in sy mandaat. Boonop word met die misdadigers onderhandel wat die paaie afsper, terwyl op wetsgehoorsames se regte getrap word.”

“Dit wil voorkom asof die regte van mense wat buite die reg optree, belangriker is as mense wat binne die wet optree.”

Hy het gesê die wet bepaal dat openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging aan eiendom en brandstigting vlak 1-oortredings is. Ingevolge die Strafproseswet mag polisielede enigeen wat hulle skuldig maak aan die dade in hegtenis neem.

“Ons sien egter ’n praktyk waar die polisie slegs staan en kyk, al vind die misdade voor hulle plaas. In baie gevalle, net nadat die misdadigers uiteenbeweeg het, word niemand in hegtenis geneem nie met geen gevolge vir hul optrede nie.

“Dit terwyl die ekonomie miljoene rande bloei en wetsgehoorsame mense wat niks te make het met die frustrasies nie, die prys moet betaal.”

Sy boerevereniging vra dat Agri Oos-Kaap via Agri SA dringend met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in kontak moet tree op ’n provinsiale en nasionale vlak, om die polisie aan sy verantwoordelikhede te herinner.

Boere spring self in

Mnr. Johan Rademeyer van die Van Staadensboerevereniging het gesê paaie rondom informele nedersettings rondom Port Elizabeth en Uitenhage word elke keer gesluit wanneer daar ’n probleem is met die munisipaliteit, met kragdrade wat gesny word en voorwerpe wat op paaie gebrand word.

In onlangse betogings naby Rocklands op die R334 was daar geen polisie teenwoordig nie. Toe die polisie ingeroep is, het hulle laat weet hulle kan nie deurkom om mense wat in die moeilikheid is, te help nie. Tydens die oproer is 13 houtpilare wat kragdrade ondersteun, afgekap.

Volgens Rademeyer het boere die pad ná die opstande skoongemaak, maar van die betogers het weer voorwerpe op die pad begin gooi. Die boere het een van die oortreders by die polisie gaan aangee, maar die mens is weer vrygelaat.

Genl.maj. Vuyisile Ncata, wat in Julie as bevelvoerder van die Nelson Mandelabaai-polisiegebied oorgeneem het, wat ook die kongres bygewoon het, het beaam dat die polisie se plig is om ’n veilige en ondersteunende omgewing vir inwoners te skep.

Hy het gesê egter die polisie kan nie net op mense begin skiet nie, aangesien dit in ’n bloedbad kan ontaard. Hy weet daar is ’n tekort aan polisiemagte is en dat daar samesprekings is om die kapasiteit te verhoog.

Volgens Ncata kan die polisie nie reageer op die oproep indien daar te min personeel en slegs een voertuig is nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.02
+0.1%
Rand - Pond
20.98
+0.6%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.13
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
1,013.09
+0.2%
Palladium
1,658.92
-0.6%
Goud
1,956.30
+0.3%
Silwer
24.44
+1.9%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,807
-0.0%
Hulpbronne 10
74,797
-0.4%
Industriële 25
102,689
+0.2%
Finansiële 15
16,499
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geskei, soek vriende, wat van 'n roadtrip iemand.???
Wel ek is baie rustigge mens, ek rook nie, ek drink nie, ek is gelukkig om net by my huis te wees, braai en lekker kuier, bosveld is my ding. Roadtrip enige iemand. ??
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot