Die prys van Merinovelle het vanaf Desember 2010 tot Desember verlede jaar met ’n verstommende 211% gestyg.
In Rooivleis, spreekbuis van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), word gesê dat die prys van Dorpervelle verlede jaar met 78,1% gestyg het, terwyl die prys van Merinovelle vanaf Desember 2010 tot Desember verlede jaar met ’n verstommende 211% geklim het.
Die produsenteprys vir voerkraalhuide het verlede jaar met 20,8% gestyg en die prys van veldhuide met 18,9%.
Waarnemers skryf die prysstyging toe aan die oplewing in die wêreldekonomie en dat die velle as motorsitplek-bekleedsels en vir die oortrek van duursame meubels gebruik word.
In die geval van Merinovelle is dit die skerp styging in die prys van wol wat die verbetering teweeggebring het.
Die styging verteenwoordig eintlik net die verbetering in die prys van wol aangesien die Merinovelle slegs vir die maak van seemsleer geskik is. Die velle word ná ontvangs skoongeskeer.
28 Maart 2012