AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

&quotSuperdirektorate&quot verwar LNR-werkers

Groot verwarring heers onder werknemers van die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die vyf nuwe sake-eenhede wat onder die hoofbestuur en die institute van die LNR geskep word. Werknemers noem dit superdirektorate en beskou dit as 'n politieke maneuver en 'n grootskeepse geldmorsery.

Na verneem word, word dié vyf hoofdirektorate teen minstens R25 miljoen tot stand gebring. Elke hoofdirektoraat kry sy eie hoofdirekteur, finansiële bestuurder en menslike hulpbronbestuurder, plus die nodige personeel en infrastruktuur. Alles word nuut gekoop en elke hoofdirektoraat gaan in 'n ander gebou gehuisves word.

Die vyf direktorate sal bestaan uit tuinbou, diereproduksie, graangewasse, nasionale ondersteuningsdienste en opkomende boere. Onder tuinbou word Infruitec-Nietvootbij op Stellenbosch saamgegooi met die Roodeplaat Instituut vir Groente en Sierplante buite Pretoria, en die Instituut vir Tropiese en Subtropiese gewasse by Nelspruit. Onder die hoofdirektoraat vir diereproduksie word die Diereverbeteringsinstituut en die Instituut vir Dierevoeding en -Produkte by Irene, die Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut en die Veld- en Weidinginstituut by Roodeplaat en die afdeling wat bek-en-klou-seer by Onderstepoort hanteer, bymekaar gevoeg. Die Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom, die Kleingraaninstituut op Bethlehem en die Instituut vir Industriële Gewasse buite Rustenburg sal die hoofdirektoraat vir graangewasse uitmaak. Die vierde hoofdirektoraat sal bestaan uit die Instituut vir Grond, Klimaat en Water, die Instituut vir Plantbeskerming en dieInstituut vir Landbou-ingenieurswese. Opkomende boere kry hul eie hoofdirektoraat wat net met hul boerderysake sal werk. Al die bestaande institute sal op grondvlak soos tans met hul werk voortgaan. Dit laat baie vrae by werknemers ontstaan. Vakbondleiers by die LNR meen dit is 'n politieke opset en 'n poging tot regstellende aksie, veral omdat die direkteure en besture van die onderskeie institute van al hul magte gestroop is. Direkteure mag nie meer aanstellings maak nie. Wanneer hulle iemand wil aanstel, moet hulle 'n proses volg en dr. Nthoana Tau-Mzamane, president en hoofuitvoerende beampte, het die laaste sê. Dieselfde geld vir die aanvaarding van kontrakte vir navorsingswerk. Sy moet alle kontrakte persoonlik goedkeur. Dit neem gewoonlik so lank dat instansies die kontrakte kanselleer. Só verloor die LNR geld.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot