AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

R16 000 vir één semenstrooitjie

Al ooit gehoor dat iemand R50 000 vir 'n enkele beesembrio betaal? Of R16 000 vir 'n semenstrooitjie? Wel, dit is wat op mnr. Christiaan de Jager (O-La-La Chianina's) se produksieveiling op Badplaas gebeur het.

Plaaslike en internasionale kopers het hul hande diep in die sakke op dié veiling gedruk om van die wêreld se beste Chianina-teelmateriaal in die hande te kry. Volgens De Jager was die diere op die veiling uitsonderlike teelmateriaal.

Sementrooitjies van die top-Italiaanse Chianinabul Lio di Maria Bianca is teen R16 000 elk verkoop. De Jager is die enigste teler in Italië en Suid-Afrika wat nog semen van Lio besit en hy het vyf strooitjies op die veiling aangebied. Mnre. WJ de Beer van Rustenburg het twee strooitjies gekoop, WH van Heerden van Roedtan ook twee en die ander strooitjie is deur 777 Wildlife van Menlopark opgeraap.

Boonop is drie embrio's van een van Lio se dogters, die Italiaanse kampioenkoei Sasha (wat aan O-La-La Chianinas in Italië behoort) teen 'n allemintige R50 000 stuk aan William C. Enterprices van North MacKay, Queensland (Australië), verkoop.

Lio (op foto) is in 2005 gekies om die Chianinaras op daardie jaar se wêreldkongres van Italiaanse beesrasse in Italië te verteenwoordig. De Jager het die foto op die kongres geneem. Die bul se ma het 'n tussenkalfperiode van minder as 350 dae oor 13 kalwers gehad. Lio het verskeie Italiaanse kampioene opgelewer, waaronder dogters soos Sasha, Ramona en Ubala. Altesame 42 van die top 50 vroulike diere op die Italiaanse indekslys vir vroulike diere in 2012 was sy dogters.

Sy seun Asso is die huidige topbul ingevolge Blupwaarde in Italië. Sy seun Urlo (uit die koeilyn van Diana en Nania) word as die beste teelbul in Italië beskou en sy seun Cé is die afgelope twee jaar se nasionale skoukampioenbul in Italië.

Die Chianina is 'n groot bees. Volwasse bulle trap die skaal soms verby 1,5 ton en groot koeie kan tot 1 200 kg weeg. Die ras se waarde is veral in kruisteling, want die speenkalwers weeg maklik tot 40 kg meer as rasegte kalwers en beskik oor n uitstekende voeromsetverhouding en groeikrag “Die ras word ook gekenmerk deur sy goeie uitslagpersentasie van tot 65 en uitstekende vleisgehalte,” sê De Jager.

Die duurste bul op die veiling is teen R200 000 aan mnr. Johan Fouché van Kyalami verkoop. Fouché het ook die duurste vers teen R100 000 saam met mnr. W. van Heerden van Roedtan gekoop.

Stoetbulle het gemiddeld R170 000 stuk behaal, kuddebulle gemiddeld R82 500 stuk, speenverse gemiddeld R35 555, dragtige verse gemiddeld R88000 stuk, koeie met kalwers gemiddeld R62 857, dragtige koeie gemiddeld R46 785 stuk en koeie wat by die bul geloop het,  gemiddeld R32 500 stuk.

BKB Van Wyk het die veiling aangebied.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
+0.1%
Rand - Pond
22.37
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,964.06
-0.5%
Silwer
23.22
-0.5%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,752
+0.4%
Alle aandele
76,338
+0.4%
Hulpbronne 10
66,423
-0.1%
Industriële 25
103,244
+0.9%
Finansiële 15
15,590
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot