AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

R2 miljard nodig vir voedselsekerheid

’n Ekonomiese model om voedselsekerheid in die land aan te pak, is nog nie in werking nie.

’n Tekort van sowat R2 miljard in die staat se begrotings kortwiek Suid-Afrika om sy voedsel- en voedingsvereistes te hanteer.

Ofskoon Suid-Afrika as ’n land met voedselsekerheid beskou word, is sowat 14,1 miljoen (26%) landsburgers blootgestel aan honger en wanvoeding.

Die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye en vir gesondheid, sowel as die gekose komitee vir grond en minerale hulpbronne, het ’n gesamentlike verslag daaroor by die Parlement ingedien.

Nie genoeg kos op die tafel

Volgens mnr. Bonga Msomi, waarnemende adjunk direkteur-generaal van voedselsekerheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het KwaZulu-Natal die meeste mense (3,48 miljoen of 33% van die provinsie se bevolking) met onvoldoende toegang tot voedsel. Dit word gevolg deur die Oos-Kaap met 2,23 miljoen (33,6%) van die mense daar, en Gauteng met 2 miljoen (15,8%) van sy bevolking van 13 miljoen.

In die Wes-Kaap het 43,7% van die bevolking nie voedselsekerheid nie.

Die verslag se lys redes vir voedselonsekerheid is hoë kospryse, ’n afname in plaaslike kosproduksie, stygende insetkoste, beleggingsonttrekking in die landbou, mededingende gebruik van landbougrond deur ander bedrywe, klimaatsverandering, infrastruktuur en die feit dat 80% van die land se kos deur die groot boerderybedrywighede geproduseer word.

Radikale hersiening

Mnr. Thulani Masilela van die departement van monitering en evaluering in die Presidensie, sê ’n radikale hersiening van die bestaande projekte vir voedselsekerheid word beoog om ’n enkele nasionale landbou-ondersteuningsprogram ingestel te kry.

Die raad moet toesien dat die beleid, wetgewing en programme van verskillende belanghebbende departemente met mekaar ooreenstem.

Mnr. Mortimer Mannya, adjunkdirekteur-generaal vir landbouproduksie by die Departement van Landbou, sê die nasionale plan vir voedsel- en voedingsekerheid vir 2017 tot 2022 is byna gereed. Die Kabinet het reeds in 2013 die beleid daarvoor goedgekeur.

Indien Suid-Afrika met vyf soortgelyke ontwikkelende lande vergelyk word, het hy nog nie ’n enkele of ’n samehangende strategie, beleid of regulatoriese stelsel om die reg tot voedsel te verwesenlik – soos in die Grondwet van die land aangedui is – nie, het Mannya gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.22
-0.1%
Rand - Pond
21.35
+0.1%
Rand - Euro
18.72
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Platinum
1,012.38
+0.0%
Palladium
1,639.92
+1.3%
Goud
1,925.76
-0.2%
Silwer
23.64
+0.2%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
0.0%
Alle aandele
80,791
0.0%
Hulpbronne 10
77,871
0.0%
Industriële 25
103,872
0.0%
Finansiële 15
16,281
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot