AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

R31-roete gesluit, boere bekommerd oor alternatiewe grondpaaie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die besige R31 tussen Daniëlskuil en Koopmansfontein het weens mildelike reën oorspoel, waarna slaggate vererger en die rybaan vernou het. Foto: Verskaf
Die besige R31 tussen Daniëlskuil en Koopmansfontein het weens mildelike reën oorspoel, waarna slaggate vererger en die rybaan vernou het. Foto: Verskaf
’n Gedeelte van die ekonomies belangrike R31-roete tussen Daniëlskuil en Koopmansfontein is Maandagmiddag gesluit.

’n Gedeelte van 35 km van die ekonomies belangrike R31-roete tussen Daniëlskuil en Koopmansfontein is Maandagmiddag deur die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke gesluit nadat dit deur onlangse mildelike reën oorstroom is. Die roete word veral deur die landbou-, mynbou- en toerismesektor gebruik. Agri Noord-Kaap is egter bekommerd dat die LUR vir paaie en openbare werke sekere grondpaaie wat reeds in ’n swak toestand is, as alternatiewe roete aanbeveel.

Die sluiting kom nadat dele van die pad onbegaanbaar geraak het weens skouers wat weggetrap is, en diep slaggate, sommiges “tot so diep as 1 meter”. Met mildelike reënval en gevolglike vloede het een rybaan weggespoel en slaggate onsigbaar gemaak. “Die pad is lewensgevaarlik,” meen me. Fufe Makatong, LUR.

Sy sê die departement het die betrokke gedeelte van R31-roete gesluit weens vrese oor padveiligheid. “Een van die bane het weggespoel en die rybaan het vernou. Daar is lewensgevaarlike slaggate van 1 meter diep. Die pad kan nie herstel word nie totdat die water verdamp het. Ons gaan binnekort ’n deeglike opname doen.

“Van die slaggate is intussen met gruis gevul, maar die ingenieurs sê dit is steeds te gevaarlik om daar te ry. Ons gaan die pad in die volgende weke herstel en herseël. Ons het ook ’n begroting wat ons volgende jaar vir herstelwerk kan gebruik. Die provinsie bly in beheer van die roete totdat Sanral dit gaan oorneem.”

Alternatiewe roetes

Sy het alternatiewe roetes soos die N12, N18 en die N14 vir motoriste aanbeveel, asook grondpaaie soos die R325 en die R385. “Die departement gaan die grondpaaie nou gereeld skraap en onderhou omdat dit as alternatiewe roetes aanbeveel is.”

alternatiewe roetes R31
Die alternatiewe roetes word in groen aangedui, terwyl die betrokke gedeelte van R31-roete wat gesluit is in rooi aangedui word.

Die R31-roete het verswak weens die talle ertsvragmotors wat daarop ry. “Meer as 2 000 vragmotors ry daagliks op die pad. Ons het R600 miljoen in die mediumtermynbegroting beskikbaar om paaie te onderhou, en kry ’n toelae om die pad gereeld te herseël. Dit is egter nie genoeg om die pad se fondament te versterk nie.”

Mnr. Dirk Krapohl, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, sê hulle is bekommerd dat die LUR aanbeveel dat grondpaaie as alternatiewe roetes gebruik word. “Die grondpaaie soos die R373 tussen Koopmansfontein en Kuruman is reeds in ’n slegte toestand. Vragmotors het die grondpad begin gebruik weens die slaggate op die R31. Boere gebruik meesal die grondpaaie, wat nou deur mynvragmotors beskadig word. Menige vragmotor het al vasgeval, waarna boere verplig was om hul eie tyd en toerusting te gebruik om die vragmotorbestuurders uit te help. Dit veroorsaak groot frustrasie.”

Paaie R31
'n Vragmotorbestuurder probeer om die verspoelde roete in die Oranje Riet Watergebruikers-gebied te trotseer. Foto: Verskaf
paaie R31
'n Vragmotor het in die modderige pad vasgeval. Foto: Verskaf
paaie R31
Die S-roetes in die Oranje Riet Watergebruikers-gebied het onbegaanbaar geword weens swak onderhoud en aanhoudende reën. Foto: Verskaf
paaie R31
Benewens die swak onderhoud aan paaie waarin gebreekte waterpype uitsteek, het aanhoudende reën die padoppervlak in modder omskep. Foto: Verskaf
paaie R31
Stukkende pype op die dun geskraapte pad wat ook skade veroorsaak wanneer die metaal buitebande stukkend skeur. Foto: Verskaf

Agri Noord-Kaap is verheug dat die Noord Kaapse regering ingestem het om die bestuur van die R31-roete aan Sanral oor te dra sodat dit beter onderhou kan word.

Krapohl sê sodra Sanral die R31-roete oorneem, kan aandag aan die weegbrûe gegee word wat buite werking is. Vragmotors en die vrag daarop moet geweeg word om te verseker dit is nie oorlaai nie. Oorlaaide vragmotors trap die paaie stukkend. “Die munisipale weegbrug in Moghulpark in Kimberley op die N12 vanaf Warrenton is opgeknap en die bodproses vir die bestuur daarvan is aan die gang. Die provinsiale weegbrug suid van Kimberley op die N12-roete is so erg gevandaliseer dat dit in onbruik is. Die georganiseerde landbou oorweeg dit om met die samewerking van die departement mobiele weegbrûe te koop en te bestuur.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot