AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

R80 miljoen sover op stryd teen sprinkane bestee

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar word gevrees dat die voetgangers binnekort vlieërs sal word en die Noord-Wes en Vrystaat sal bereik. Foto: Johan Viljoen
Daar word gevrees dat die voetgangers binnekort vlieërs sal word en die Noord-Wes en Vrystaat sal bereik. Foto: Johan Viljoen
Grondspanne het al sowat 413 000 ha bespuit om swerms bruinsprinkane in die Noord-, Wes- en Oos-Kaap te bekamp.

Sedert die uitbreking van swerms bruinsprinkane in die Noord-, Wes- en Oos-Kaap in September verlede jaar het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling reeds R80 miljoen – meestal op die aankoop van plaagdoder, spuitpompe, beskermende kleredrag, betalings aan beheerders en lugsteun – bestee.

Luidens ’n verklaring deur die departement is die huidige uitbreking, wat vanweë goeie reënval krisisafmetings aangeneem het, die grootste een in dekades. Die wind het daartoe bygedra dat die swerms na gebiede gemigreer het waar hulle nooit voorheen voorgekom het nie, soos die Tuinroete in die Wes-Kaap en sitrusplase by Kirkwood en Patensie in die Oos-Kaap.

Grondspanne met 1 200 beheerders is in al drie provinsies aangestel. Twee helikopters verskaf tans lugsteun, veral met die bestryding van groot swerms en swerms in ontoeganklike gebiede.

Samewerking

Benewens die R80 miljoen wat die departement sover op die bekamping van die swerms bestee het, het die Wes-Kaapse departement van landbou R5 miljoen vir die aankoop van beskermende kleredrag, toerusting en lugsteun beskikbaar gestel.

Die departement het ook ’n komitee op die been gebring wat weekliks ontmoet om kwessies in verband met die bekamping van die sprinkane te bespreek. Die komitee sluit onder meer die departement, die Landbounavorsingsraad, die provinsiale regerings van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap asook die Vrystaat, en die georganiseerde landbou in.

Weens tekorte aan plaagdoders is druk op die departement uitgeoefen om ’n nuwe plaagdoder te registreer. Daarom is Deltanex UL vir die bestryding van sprinkane geregistreer en Decis, ’n plaagdoder wat reeds vir die bestryding van sprinkane geregistreer is, is nou ook vir lugbespuiting geregistreer.

Sprinkane in gemengde stadiums

Volgens die departement is sprinkane in die huidige uitbreking in gemengde stadiums met meer vlieërs in die oostelike gebiede, veral die grens tussen die Oos-, Wes- en Noord-Kaap. Lugbespuiting vind tans hier plaas en 6 000 ha is tot dusver bespuit. Weens reën verander die situasie voortdurend en meer vlieërs is ook vanaf Namibië se westelike distrikte op pad.

Die Noord-Kaap is die provinsie met die mees wydverspreide swerms. Swerms kom tans in 33 distrikte in dié provinsie voor, naamlik Britstown, Carnarvon, De Aar, Griekwastad, Groblershoop, Hopetown, Kenhardt, Netherlea, Loxton, Marydale, Kakamas, Petrusville, Prieska, Upington, Victoria-Wes, Vosburg, Philipstown, Hanover, Niekerkshoop, Douglas, Richmond, Springbok, Aggeneys, Pofadder, Pella, Witbank, Askham, Bladgrond, Calvinia-Wes, Dwaalhoek, Kakamas, Koupan, Langklip, Noenieput, Olifantshoek en Sutherland.

Sover is 375 290 ha deur grondspanne en 15 000 ha deur lugsteun in die Noord-Kaap bespuit.

In die Oos-Kaap kom swerms in 13 distrikte voor – Aberdeen, Graaff-Reinet, Somerset-Oos, Pearston, Willowmore, Jansenville, Rietbron, Steytlerville, Cradock, Middelburg, Kirkwood, Uitenhage en Patensie.

Meer as 11 500 ha lugbespuiting en 22 000 ha grondbespuiting is reeds in hierdie provinsie gedoen.

In die Wes-Kaap kom swerms tans in Murraysburg, Beaufort-Wes, Prins Albert, Merweville, Laingsburg, Calitzdorp, Ladismith en Oudtshoorn voor. Sover is 8 000 ha deur lugsteun en 16 000 ha deur grondspanne in die provinsie bespuit.

Koeler weer help

Mnr. Willem Symington, voorsitter van Agri SA se afdeling vir natuurlike hulpbronne, sê die situasie in die Noord-Kaap het danksy koeler weer begin stabiliseer en die grondspanne slaag daarin om die swerms te bekamp.

Die Oos-Kaap ervaar volgens hom groot uitbrekings en dit is nou die brandpunt. Die voorraadvlakke van die chemiese middels wat gebruik word om die uitbrekings te bekamp, is voldoende.

Hy sê die departement het aangedui dat genoeg geld vir die voortsetting van lugsteun beskikbaar is en dat die inhaal van agterstallige betalings verbeter het. “Namate koeler weer inbeweeg, hoop ons dat die situasie al hoe makliker sal raak om te beheer.”

Mnr. Eben du Plessis, ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap, sê hoewel die sprinkane in die sitrusboorde beweeg het, vreet hulle tot dusver slegs aan die gras en nie aan die bome nie. Hy sê die departement het aangedui dat nog ’n helikopter binnekort vir lugbespuiting beskikbaar gestel sal word.

“Ons stoei voort. Daar is op hierdie stadium goeie samewerking tussen die georganiseerde landbou en die departemente. Daar is nog kwessies, maar ons is besig om dit aan te pak.”

Lede van die publiek word versoek om swerms by die departement van landbou se naaste distrikskantoor of die relevante provinsiale departement van landbou aan te meld. Swerms kan by me. Vuyokazi Jongwana (084 760 8176) of me. Mulalo Matodzi (083 326 7773) aangemeld word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.1%
Rand - Pond
22.40
+0.0%
Rand - Euro
19.71
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
958.24
-1.0%
Palladium
1,417.42
+0.8%
Goud
1,964.98
-0.4%
Silwer
23.17
-0.7%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot