AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Ramaphosa moet help met covid-19-inentings vir landbou

akkreditasie
Werkers op die plaas Middelburg, distrik Robertson, waar verskeie vars produkte tans geoes word, dra beskermende kleding en handhaaf die sosiale afstand terwyl hulle tydens inperking werk. Foto: Hennie Retief
Werkers op die plaas Middelburg, distrik Robertson, waar verskeie vars produkte tans geoes word, dra beskermende kleding en handhaaf die sosiale afstand terwyl hulle tydens inperking werk. Foto: Hennie Retief
Agri SA het ’n pleidooi tot pres. Cyril Ramaphosa gerig om toe te sien dat die landbousektor, wat die belangrike taak het om die land se voedselsekerheid te handhaaf, geprioritiseer word om inentings teen covid-19 te ontvang.

Sedert die aanvang van die pandemie is dié sektor as noodsaaklik verklaar, maar hy moes nogtans verskeie struikelblokke oorkom om sy werk te verrig. Van die jongste struikelblokke is die verbod op die aanbied van veeveilings tot 11 Julie en ’n vierde verbod op die verkoop van alkohol. Met die derde golf besmettings het die staat, wat die inentings bestuur, voorkeur gegee aan gesondheidswerkers, diegene wat 50 is en ouer, en sommige werkers in die openbare sektor soos onderwyspersoneel, die polisie en korrektiewe dienste.

Ekonomiese sektore wat as prioriteit in ’n omsendbrief van die departement van gesondheid aangedui is, sluit slegs in die mynbou, motorvervaardiging en taxibestuurders. Me. Mmamoloko Nkhensani Kubayi, waarnemende minister van gesondheid, moes op 6 Julie bontstaan om ’n ander omsendbrief te onttrek waarin onder meer ministers en premiers ingesluit is by die inenting vir spesiale groepe en individue.

Suid-Afrika steier tans onder die derde golf van covid-19-besmettings en die spilpunt van die nuutste uitbreking is onseker.

Agri SA vra dat Ramaphosa, die nasionale koronavirusraad en ander belanghebbendes betrokke by die nasionale inentingsprogram, dit moet oorweeg om werknemers en werkgewers in die landbouwaardeketting te prioritiseer vir inenting. Die organisasie bied ook sy hulp aan om ’n nasionale veldtog via sy affiliasies en landboubesighede te voer om te verseker dat boere en plaaswerkers in landelike gebiede toegang tot entstowwe het om verdere verlies van lewensbestaan te voorkom wat voedselsekerheid sal bedreig. Die presidensie het ontvangs van die skrywe erken.

Groot verantwoordelikheid

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê volgens Statistieke SA staan die land se bevolking tans op nagenoeg 60 miljoen mense. Dit is die landbousektor se verantwoordelikheid om genoeg voedsel te produseer ten einde nasionale voedselsekerheid te handhaaf. Boere en plaaswerkers, wat hoofsaaklik in landelike gebiede woon en kwesbaar is vir die derde vlaag covid-19-besmettings, is verantwoordelik vir voedselproduksie ongeag hierdie blootstelling. “Aangesien hulle ’n kritieke rol in voedselsekerheid speel, doen Agri SA ’n beroep op die staat om hierdie sektor ook ingevolge die nasionale ontplooiing van die entstofstrategie te prioritiseer.”

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê onlangs is die hele plattelandse dorp Kliprand in kwarantyn geplaas. Dit het ’n ongunstige impak op die plaaslike gemeenskap gehad. Agri Wes-Kaap is teleurgesteld dat boere en plaaswerkers nie geprioritiseer is om die inenting teen covid-19 te ontvang nie, want die landbousektor het ’n groot verantwoordelikheid om voedselsekerheid in Suid-Afrika te handhaaf, ongeag blootstelling aan die virus.

Welstand belangrik

Dr. Kobus Laubscher, ’n onafhanklike konsultant vir Agility Agri, sê tydens die streng inperking verlede jaar het die sektor ’n belangrike rol gespeel in die versagting van die pandemie se impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar die bedryf staar enorme probleme in die gesig in die heropbou van die post-covid-ekonomie.

Agility Agri spesialiseer in oplossings vir werknemersvoordele en gesondheidsorg vir die landboubedryf oor alle inkomstevlakke en alle terreine van die landboubedryf heen.

Stewige oeste word verwag in die komende oesseisoen, wat sal lei tot ’n voorspelde groei van 7,5% in die bedryf. Dit sal nie net binnelandse voedselsekerheid en volhoubare indiensneming in die sektor verseker nie, maar ook groei in die uitvoer van produkte, ten spyte van hoër ruoliepryse, ’n tekort aan verkoelde vragskepe en ’n ongunstige wisselkoers tussen die rand en dollar.

“Dit is belangrik dat die welstand van boere en hul werknemers, asook ander in die voedselvoorsieningsketting, geprioritiseer word,” sê Laubscher.

Hy sê hierdie belangrike groep mense woon hoofsaaklik in landelike gebiede waar hulle die kwesbaarste is vir die virus en nie naby plekke is waar hulle spesialisbehandeling kan ontvang nie. Voorkoming sal altyd beter wees as gesondheidsorg, maar behoorlike kommunikasie oor die virus is nodig en boere moet streng wees in die toepassing van basiese voorkomende maatreëls.

Daar moet ook aandag gegee word aan die beperkte infrastruktuur in landelike gebiede wat die doeltreffendheid van die inentingsveldtog kan beperk. Die skaarsheid van gesondheidsbronne in yl bevolkte landelike gebiede mag nie voorkom dat landboupersoneel toegang tot gesondheids- en welstandsdienste kry wat noodsaaklik is vir produktiwiteit nie.

Volgens Laubscher sal die pandemie waarskynlik ’n onbepaalde impak op landelike gesondheidsorg hê. ’n Suksesvolle inentingsprogram kan die begin van herstel wees, maar die vordering sal waarskynlik stadig wees. Doeltreffende en bekostigbare gesondheidsorg sal al hoe belangriker word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.14
+0.9%
Rand - Pond
21.51
+0.2%
Rand - Euro
18.20
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,793.50
-0.0%
Silwer
23.38
+1.0%
Palladium
1,797.00
+2.6%
Platinum
979.50
+2.5%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na nuwe vriende
Reguit en eerlik en plat op die aarde. Hou van buite lewe en tyd saam kinders. Wat j sien is wat j kry.
Kom ons kyk wat hou die toekoms in
Ek is n Opregte, eerllike en baie nekiese persoon, wat graag weer my geluk wil deel met n maat en so sal ons sien wat hou die toekoms in.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot