AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Ramaphosa moet Julius Malema in die bek ruk – TLU SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Julius Malema, leier van die EFF. Foto: GCIS
Mnr. Julius Malema, leier van die EFF. Foto: GCIS
As die regering sy geloofwaardigheid wil behou en die vrede in Suid-Afrika wil bewaar, moet standpunt ingeneem word teen die onaanvaarbare gedrag van mnr. Julius Malema, leier van die EFF, sê TLU SA.

TLU SA haal Malema in ’n verklaring aan dat hy glo tydens die EFF Wes-Kaap se derde provinsiale kieskonferensie aan die party se afgevaardigdes gesê het: “Jy moet nooit bang wees om dood te maak nie. ’n Revolusie vereis dat daar op een of ander stadium moord moet wees, want moord is deel van ’n revolusionêre daad.”

Luidens die verklaring sê TLU SA Malema se moorddreigemente is onaanvaarbaar en bedreig stabiliteit in Suid-Afrika. “Suid-Afrika, en spesifiek die regering, staan nou voor een van die strengste toetse vir geloofwaardigheid en vrede in sy hantering van die situasie.”

Mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA-president, sê dit is onaanvaarbaar dat iemand blatant en in die openbaar ’n aanval teen die land se burgers kan doen. “Die feit dat hy ’n sittende parlementslid is, moet as verswarende omstandighede geld en die president, mnr. Cyril Ramaphosa, moet standpunt inneem en optree teen hierdie openlike dreigemente.

“Die staat moet enige moontlike middel gebruik om gedrag en opmerkings soos hierdie te beëindig. Dit is onmoontlik om stabiliteit in Suid-Afrika te skep wanneer die regering slegs ’n persverklaring uitreik in reaksie op hierdie gedrag. Dit is nie genoeg nie. Malema het homself herhaaldelik bewys as een van die belangrikste destabiliserende faktore vir wet en orde, sowel as verhoudings in Suid-Afrika.”

Geldenhuys sê sulke ongegronde stellings is heeltemal onaanvaarbaar vir die landbousektor en ’n klimaat skep waar jy ’n verskil deur geweld wil besleg. TLU SA beoog daarom om ’n formele klag vir die aanhitsing van geweld en haatspraak teen Malema by die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie (MRK) te lê.

Gedrag hoort nie in grondwetlike demokrasie

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê Malema se deurlopende oproepe tot geweldpleging, selfs moord, en sy opstoking van rassehaat kan nie langer geduld word nie. Die VF Plus het reeds ’n klag oor Malema se jongste uitlatings by die MRK ingedien. Dit word ondersoek.

Hy voeg by dat Malema se oproep aan EFF-lede dat afgereken moet word met “ ’n wit man” wat EFF-lede na bewering by ’n skool aangerand het, afstootlik en opruiend is. Malema het glo die lede gekritiseer omdat hulle nie reeds met die man afgereken het nie.

“Hierdie uitlatings word nie deur artikel 16 van die Grondwet se Handves van Regte, naamlik die reg tot vryheid van spraak, gedek nie. Die aanhitsing tot geweld word eerder uitdruklik van hierdie vryheid uitgesluit en moet vervolg word.”

Groenewald sê die party sal ook ’n strafregtelike klag van aanhitsing tot geweld by die polisie indien.

Hy meen die ANC-regering se laksheid om teen Malema en die EFF op te tree terwyl hy so te sê hoogverraad onder hul neuse pleeg met uitlatings soos dat die EFF die mag op enige moontlike wyse moet oorneem, is ewe kommerwekkend.

“Daar sal streng teen hierdie ongrondwetlike en onaanvaarbare gedrag opgetree moet word. Dit hoort nie in 'n grondwetlike demokrasie nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot