Pres. Cyril Ramaphosa het al die onbeholpenheid van die staatsdiens aan sy eie bas gevoel as boer.
Hy het op Bonsmara SA se Rooi Dag-byeenkoms by Parys gesê hy het self drie jaar vir ’n waterlisensie gewag. Toe hy navraag doen, het hy agtergekom dit is omdat amptenare “papiere van een lessenaar na die volgende een rondskuif”.
Daarom wil hy van rompslomp ontslae raak. Ramaphosa het te kenne gegee die landbou sukkel weens swak paaie en probleme met padvervoer en hawens om hul produkte by bestemmings te kry, en gesê die regering probeer om dié probleme op te los.