AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Ramp ontvou sonder droogtehulp – Stern

Wie het die droogtehulp wat vir boere bedoel is, gesteel, het mnr. Doug Stern op Agri Oos-Kaap se kongres gevra. Boere het net 5% van dié hulp ontvang.

“Ons het al elke regeringsklip omgekeer om amptenare bewus te maak hoe krities die droogte in die Sarah Baartman munisipale distrik is sodat dit as rampdroogtegebied verklaar kan word, maar tot nou het daar absoluut niks van gekom nie.”

Só het ’n ontstelde mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, gesê toe hy die organisasie se jaarkongres op Port Alfred geopen het.

Volgens Stern het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in hulle voorlegging vir droogtehulp daarop gewys ’n groot hoeveelheid van die 5,4 miljoen stuks vee in die distrik gevaar staan om te vrek as daar nie hulp kom nie.

Rampdroogtegebied

’n Bedrag van R98,5 miljoen is vir voer en R29,5 miljoen vir watervoorsiening aangevra. “Indien die distrik as rampdroogtegebied verklaar word, sal dit boere in staat stel om minstens vir gesubsidieerde rentekoerse by die Land Bank aansoek te doen.”

Met verwysing na R1 miljard wat verlede jaar deur drie staatsdepartemente vir droogtehulp aan die landbousektor bewillig is maar slegs 5% hiervan boere bereik het, het Stern daarop aangedring dat die “korrupsie en bedrog” in die Regering se droogtehulp-program oopgevlek sal word.

“Vermoedelik het amptenare in die Departemente van Landbou, Bosbou en Visserye, asook Water en Sanitasie, by die skema baat gevind het. Wie het hierdie geld – wat die boere toekom- in hulle sak gesteek?” wou hy weet.

Goeie boodskap vir boere

Stern het nietemin ook ’n positiewe boodskap vir boere gehad. Landbouproduksie het die afgelope twee dekades danksy verbeterde tegnologie met 40% toegeneem. Waar boere in die Cradock-distrik in die 1980’s ’n opbrengs van 10t/mielies/ha behaal het, mik hulle nou na 30/t/ha.

Suid-Afrika is tans die Afrika-land met die grootste voedselsekerheid en die enigste netto uitvoerder van produkte op die vasteland. “Ons boere is loshande die leiers in landbou in Afrika en van die beste ter wêreld. Ondanks die onstabiliteit in die ANC en die onsekerheid wat dit ook vir die landbousektor meebring, sal ons voortaan ’n groter rol speel om ons eie toekoms te bepaal. Ons kan nie wag dat iemand anders dit vir ons doen nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot