AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Ramphulpgeld aan Vrystaat toegeken

Ramphulpgeld is ná verwoestende brande in September in die Vrystaat toegeken, sê die provinsiale departement van landbou.

Ramphulpgeld is ná verwoestende brande verlede maand in die Vrystaat toegeken, sê die provinsiale departement van landbou, bosbou en visserye.

Mnr. Malcolm Procter, adjunk-direkteur van bos- en veldbrandtoesig, sê die geld is aan die hele provinsie toegeken, maar onderverdeling daarvan aan omgewings wat die ergste geraak is, moet nog plaasvind. “Dit was die ergste brandseisoen wat die Vrystaat nóg ervaar het. Tot dusver weet ons van 402 357 ha wat afgebrand het,” vertel Procter.

Volgens Procter het vier keer meer weiding as wat gewoonlik per jaar afbrand, vanjaar in die Oos-Vrystaat se Thabo Mofutsanyane-munisipale distrik in die slag gebly. “Die Dihlabeng-munisipaliteit, wat Bethlehem, Clarens en Fouriesburg insluit, is die ergste geraak.”

Brandstigters gesoek

Procter sê hy vermoed brandstigters is verantwoordelik vir baie brande in die Rosendal, Clarens en Fouriesburg-distrikte. “Ons vermoed dit en ondersoek tans die moontlikhede, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Boere van die Fouriesburg-distrik het, ná 65 000 ha verlede maand in die omgewing afgebrand het, twee sake van brandstigting by die plaaslike polisiestasie aangegee.

Lewensverlies

‘n Derde persoon het vandeesweek gesterf nadat hy ernstige beserings in ‘n brand opgedoen het. Procter sê dit is ‘n plaaswerker van die Luckhof-distrik. ‘n Plaaswerker van Heilbron, wat deur ‘n brand op ‘n trekker oorval is, asook ‘n 21-jarige boer van Bethlehem, is die ander twee slagoffers van vanjaar se brande.

Baie welkome reëns het intussen oor verskeie dele van die Vrystaat begin uitsak.

Absa Agri-fonds

Intussen het Absa AgriBesigheid ‘n ramphulpfonds van sy eie op die been gebring om boere landswyd, wat brandskade gely het, by te staan. Luidens ‘n berig op Timeslive sê mnr. Ernst Janovsky, bestuurder, 520 000 ha se weiding het die afgelope week in die land afgebrand.

Janovsky sê diegene met ekstra voer wat dit aan boere, wat geraak is wil skenk, kan met hul plaaslike landbou-organisasies skakel. “Die geldelike skenkings wat ontvang word, sal vir herverdeling aan Agri Limpopo, Agri Noordwes, Vrystaat Landbou, Agri Noord-Kaap, Agri Oos-Kaap en Agri KwaZulu-Natal gegee word.”

Die rekeningbesonderhede is: Absa AgriBesigheid Ramphulpfonds 2010. Dit is ‘n spaarrekening. Rekeningnommer: 92-5241-2925; Taknommer: 63-20-05.

Bron: Timeslive - http://www.timeslive.co.za/business/article706636.ece/ABSA-AgriBusiness-opens-disaster-fund

14 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
0.00
0.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot