AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

RCL Foods se wins boer vooruit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
RCL Foods se suikerhandelsmerk, Selati, het in die ses maande tot einde Desember 2019 ’n beter inkomste getoon ná plaaslike prysverhogings. Foto: Verskaf
RCL Foods se suikerhandelsmerk, Selati, het in die ses maande tot einde Desember 2019 ’n beter inkomste getoon ná plaaslike prysverhogings. Foto: Verskaf
In ’n jaar waarin die covid-19-pandemie en hoë graanpryse heelparty voedselmaatskappye se winsmarges geknou het, het RCL Foods sy inkomste verstewig.

In ’n jaar waarin die covid-19-pandemie en hoë graanpryse heelparty voedselmaatskappye se winsmarges geknou het, het RCL Foods sy inkomste met 14% tot R31,7 miljard verstewig. Sy wesensverdienste van R958,1 miljoen is ’n stewige 736% hoër as in die vorige boekjaar.

Die maatskappy, met handelsname soos Selati-suiker, Yum-grondboonbotter en Bobtail-hondekos, het ook planne om van sy bedrywighede uit sy bestaande struktuur te ontknoop. Dit sal die maatskappy kans gee om op sy winsgewende kruideniersafdeling te konsentreer. RCL Foods het reeds sy hoenderafdeling afsonderlik begin bedryf en beoog ’n soortgelyke proses vir sy suiker- en logistieke bedrywighede.

Die goeie prestasie in die boekjaar tot einde Junie is veral te danke aan die vertoning van suiker (inkomstegroei van 10,2%), kruideniersware (10,8%) en gebakte goedere (12,6%). “Die rekordprestasie van ons suikerbedrywighede is veral aangevuur deur groter plaaslike verkope, wat vir ons winsgewender is as om onverwerkte suiker uit te voer, maar ook danksy ’n bestuurspan wat koste streng en doeltreffend beheer het,” sê mnr. Rob Field, finansiële hoof.

Hy sê dis nog te vroeg om die voordele wat die regering se Suikermeesterplan bied, in die resultate te sien, maar die doelwit van die plan is om die volhoubaarheid van die hele plaaslike bedryf te verseker, veral die kleinboere. “Ons kon wel ’n opswaai sien in die prestasie van ons vennnootskappe met plaaslike gemeenskappe. Daardie gesamentlike ondernemings is in ’n baie gesonder finansiële posisie as wat hulle die afgelope twee tot drie jaar was, maar daar lê nog ’n lang herstelpad voor.”

Hoenderafdeling

Die hoenderafdeling, wat sedert Julie as ’n afsonderlike onderneming bedryf word, trek steeds swaar, veral weens hoër insetkoste. Inkomste het weliswaar met 17,3% tot 10,3 miljoen gestyg, maar verdienste uit dié afdeling het met 50,1% tot R99 miljoen gedaal. RCL Foods se Rainbow Chicken word sedert Julie vanjaar as ’n entiteit op sy eie met ’n nuwe bestuurspan bedryf, as deel van ’n strategiese plan om winsgewendheid te herwin. “Hoendervleis is ’n moeilike bedryf, dit verskil baie van ons ander besigheid, en dit maak net sakesin om dit as ’n kleiner besigheid op sy eie te bedryf, soos wat die meeste ander Suid-Afrikaanse hoenderondernemings ook bedryf word.”

Field sê dit skep voordele soos om die produk naby aan jou fabriek te verkoop.

RCL Foods is Suid-Afrika se grootste verskaffer van hoenderprodukte aan die kitskosbedryf. Field sê as nasionale verskaffer moet RCL Foods sy hoendervleis nasionaal lewer, dus word produkte dikwels teen groot koste oor die land heen vervoer. “Die nasionale teenwoordigheid is in ’n sekere opsig ’n valstrik waarin ons beland het, terwyl daar dalk iemand net om die draai van die kitskosplek is wat dit goedkoper kan lewer.”

RCL Foods se diverse sakebedrywighede was wel die regte resep om die pandemie te oorleef, toe verbruikers se koop- en eetgewoontes verander het. Waar kitskosrestaurante hard getref is tydens die inperking, het klaarbereide bevrore maaltye weer soos die spreekwoordelike soetkoek verkoop. Die maatskappy se troeteldierhandelsmerke het in dié tydperk ook hul markaandeel vergroot.

Volgens Field het hoër insetkoste weens duurder graanpryse wel winsmarges in sekere bedrywighede onder druk geplaas. Die hoenderafdeling het ook deurlopende direkte koste weens covid-19 gehad, maar dit is nou deel van die bedryfskoste. “Ek dink op die een of ander vlak gaan covid-19 altyd met ons wees en die maatskappy maak voorsienning vir die bykomende uitgawes en bestuur dit.”

Onluste

Oor die onluste wat in Julie gelei het tot plundering van Rainbow Chicken se aanleg in Hammarsdale, sê Field die maatskappy beraam sy skade op R50 miljoen. “Dit is groot skade, maar ons is dankbaar dat dit nie erger was nie. Die impak op ons klante was waarskynlik groter as op ons. Omdat ons pakhuise gestroop is, het dit ’n tyd geduur voor ons weer produkte aan winkels kon verskaf.”

Die maatskappy het ’n slotdividend van 30c per aandeel verklaar, wat die totale dividend-uitbetaling vir die boekjaar tot 45c opgestoot het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot