AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9646,8
167,80
CORN
27 Jan
-
4639
67,00
SOYA
27 Jan
-
9560
78,00
SUNS
27 Jan
-
11500
-212,00
WEAT
27 Jan
-
6659,8
96,80
WMAZ
27 Jan
-
4530
-20,00
YMAZ
27 Jan
-
4540
16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Reën: Nog hoop vir skaflike somerseisoen

Toestande is gunstig vir neerslae in die tweede deel van Oktober in die somersaaigebied.

Dalk laat, maar daar is nog hoop op ’n skaflike somerseisoen, meen mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou.

Wydverspreide berigte van reënneerslae van tot ’n duim en meer, en voorspellings van ’n goeie kans op nog in die daaropvolgende paar dae, het op 19 Oktober uit die somersaaigebied begin instroom. (Sien aanhangsel onder aan berig.)

Van den Berg het terselfdertyd gesê hoewel verwagte reën in die eerste deel van Oktober nie oor die oostelike somersaaistreek geval het nie, is toestande gunstig vir neerslae in die tweede deel van die maand.

Dít kan steeds betyds wees vir boere in die oosteliker dele om teen middel November klaar geplant te kry, wanneer die optimum-plantvenster oor groot gebiede toemaak.

Dalk swak La Niña

Van den Berg het bygevoeg dat neutrale tot grenstoestande vir die moontlike ontwikkeling van ’n swak La Niña hierdie seisoen steeds heers.

Hy het voorts daarop gewys dat die Indiese Oseaan Dipool-indeks, ook ’n internasionale klimaatsaanduider, nou al vir meer as vier agtereenvolgende maande in ’n negatiewe fase is. Hierdie indeks gaan heel moontlik vir die grootste deel van die somer negatief tot neutraal bly, wat ’n baie gunstige sein vir verbeterde reënvaltoestande oor suider-Afrika is, het hy gesê.

Uiteindelik meen Van den Berg die kombinasie van neutrale tot swak La Niña-toestande en ’n negatiewe IOD-indeks is ’n sterk aanduider van gunstige reëntoestande in die middel tot laat somer.

Neutrale jare kán goeie oeste lewer

Ook mnr. Thys Grobbelaar, markontleder van die landboumaatskappy Senwes, meen klimaatvooruitsigte vir die komende somersaaiseisoen is glad nie so duister nie.

“Die Weerburo voorspel steeds ’n bogemiddelde seisoen, hoewel dit waarskynlik later as normaalweg gaan begin.

“Sou die seisoen nie ’n La Niña-een wees nie, maar eerder neutraal, is dit nie vir my so ’n groot bekommernis nie. Die twee grootste mielie-oeste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is in normale seisoene (waarin nie El Niño óf La Niña oorheers het nie) geproduseer: 1980/’81 se 14,66 miljoen ton, en 2013/’14 se 14,25 miljoen ton.

“My statistieke wys dat neutrale en La Niña-tipe seisoene bykans dieselfde uitkomste het wat mielie-opbrengste betref,” het Grobbelaar gesê.

Weerdiens onseker

Intussen waarsku die Weerdiens steeds dat reënval-vooruitsigte vir die laat lente onseker is. Vooruitsigte verbeter na bogemiddeld nader na die einde van die midsomer, maar die vlak van onsekerheid oor hierdie voorspelling is hoog. Meestal bogemiddelde temperature word vir die laat lente tot midsomer verwag.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het droëlandboere in die somersaaigebied gewaarsku om vir voldoende vog te wag voordat hulle plant, en binne hul normale plant-tydperk te saai.

“Hulle word ook aangeraai om konserwatief te wees wat plantdigtheid, kultivar en oppervlakte betref. Waar moontlik, moet hulle droogtebestande kultivars oorweeg. Besproeiingboere moet hul plant-oppervlakte inkort, in pas met die waterbeperkings in hul gebied,” het die departement in ’n verklaring gesê.

Veeboere is ook aangeraai om droogtemaatreëls in plek te hou, soos bykomende voer en lekke, en om veegetalle dienooreenkomstig hul beskikbare weiding te verminder.

 * Aangeheg is RMD (rmd.co.za) se verslag vanoggend (19 Oktober): Gister se statistieke, die Oktober-totale tot dusver, en die seisoen-totale van September tot gister.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.21
-0.1%
Rand - Pond
21.32
+0.1%
Rand - Euro
18.70
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,016.00
+1.2%
Palladium
1,617.34
-3.0%
Goud
1,929.54
+0.0%
Silwer
23.58
-1.4%
Brent-ruolie
87.47
+1.5%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Stoutgat soek temmer
Ordentlik, vol humor, doelgerig, soen lekker, braai, reis, netjies, dans, ruik lekker, groenvingers, definitief nie ryk, just normal guy next door
Warmbloedige weduwee opsoek na vredevolle geselskap
Ek is plat en dood normaal. Wat my beindruk is 'n mens wat eenvoudige is en nie skroom om net hom eerlike self t wees nie. Gesels maklik oor enige iets en lag meer as...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot