AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Reën nou broodnodig vir sitrus

Daar is mooi beloftes in die bloeisels van Limpopo en Mpumalanga se sitrusbome, maar boere is bekommerd oor hul krimpende waterreserwes.

“As ons nie teen November reën kry nie het ons moeilikheid,” sê mnr. Piet Smit van Bosveld Sitrus in die Letsitele-omgewing van Limpopo se laeveld.

Mnr. Pieter Vorster van Mahela Boerdery, ook in die Letsitele-omgewing, sê hulle is in presies dieselfde bootjie. “Die blom in ons boorde lyk fantasties, nie net op ons sitrusbome nie, maar ook op mangoes in die Hoedspruit-omgewing. As ons daardie vrugte kan set en deursien tot by die plukseisoen kan ons vanjaar ’n baie goeie jaar hê, maar dan moet dit binnekort reën.”

Die Tzaneen-dam waaruit Letsitele en Tzaneen se sitrusboere besproei, is tans net 28% vol en volgens die Departement van Waterwese se data daal die vlak met omtrent 0,5% per week. Smit sê Bosveld Sitrus het boorgate wat in noodgevalle gebruik kan word, maar voeg by dat reënwater nodig is vir optimale vrugvorming en ontwikkeling.

Twee boere van Tshipise in die Soutpansberg omgewing, mnr. Christo Vorster jnr. van Mount Stuart Boerdery en mnr. Barend Vorster van Xmas Boerdery is net so bekommerd. Hulle besproei uit die Nzhelele dam wat tans net 21% vol is.

Boere in die omgewing sal binnekort moet besluit of hulle die bietjie water wat nog beskikbaar is gaan gebruik om vrugte op gedeeltes van hul boorde te set en ander bome maar aan die natuur se genade oorlaat, en of hulle eerder die hele oes gaan opoffer en die beskikbare water gaan gebruik om al hul bome deur die droogte aan die lewe te hou.

Hoewel boere in Mpumalanga se Ohrigstad-omgewing in selfs ’n erger penarie is, sê mnr. Piet Engelbrecht van Piet Engelbrecht Trust in die Loskop-omgewing hulle situasie is darem nie so desperaat nie. Die Loskopdam se vlak staan volgens die Departement van Waterwese tans op 52,5%.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot