
“Die sentrale en oostelike dele van die somersaaigebiede, veral Mpumalanga, het dringend opvolgreën nodig aangesien mielies in hierdie gebiede vroeër aangeplant is en nou die kritieke stuifmeelstadium bereik het,” sê mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van Graan SA in ’n berig op Netwerk24. Hy sê in Noordwes is die mielies jonger en produksietoestande gunstiger.
Dele van die sentrale saaigebied het goeie reën ontvang en mielies kan deur die huidige droë weer hou, maar opvolgreën is binne die volgende drie weke nodig, sê mnr. Johan van den Berg, bestuurder van gespesialiseerde oesversekering van Santam Landbou.
Lees die volledige berig hier.