AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Regering: Kweek vertroue, maan Agri SA

Beleidsbesluite oor hulpbronne, misdaadvlakke en die herstel van ekonomiese groei is uitdagings wat aandag vereis.

Moenie die landbou se bydrae tot ontwikkeling uit die oog verloor nie, herinner Agri SA kort voor die verkiesing. Slaan ook ag op kwesbare gebiede en oplossings wat nodig is om die bedryf te laat groei.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan en ander regeringsbeleid erken die huidige en potensiële bydrae wat die landbou tot werkskepping in landelike gebiede en as deel van die waardeketting maak. Benewens sy waardevolle bydrae tot die handel en generering van buitelandse valuta, was en is plaaslike voedselproduksie steeds onontbeerlik vir die handhawing van nasionale voedselsekerheid. In die meeste landelike gebiede is kommersiële landbou steeds die dominante ekonomiese bedrywigheid. Suid-Afrika is egter nie geseën met landbougrond en waterhulpbronne met ’n hoë potensiaal nie, daarom moet beleidsbesluite wat die gebruik daarvan beïnvloed, met omsigtigheid geneem word.

Die belangrikste uitdaging vir die Regering is om vertroue onder alle rolspelers in die sektor te kweek en sodoende belegging of deelname in die groei en uitbreiding daarvan aan te moedig. Beleidsekerheid en -koördinasie was tot dusver kwelpunte wat soms as teenstrydig ervaar word. Dit word vererger deur swak dienslewering.

Die sektor erken dat ongelyke deelname veroorsaak is deur beleidsingrypings van die verlede. Daar is egter aspekte wat kommer wek, bv. die heropening van grondeise sal belegging kniehalter weens die onsekerheid van toekomstige eienaarskap; kollaterale waardes sal negatief beïnvloed word as die Regering afwyk van markwaardes met die aankoop van grond en statutêre reëlings met betrekking tot die arbeidsmark bespoedig omskakeling na arbeidbesparende praktyke. Agri SA se standpunte oor hieroor is dat minder direkte ingryping en ’n ondersteunde markbenadering die voorkeur-opsie is vir oplossings.

Die landbou ervaar ook toenemend mededingende aansprake op natuurlike hulpbronne vanuit ander sektore, wat beperkend inwerk op die beskikbaarheid en gehalte daarvan. Watergehalte-bestuur en die beskerming van grond met ’n hoë potensiaal verdien meer erkenning. Doeltreffende bestuur daarvan op alle vlakke moet voorkeur geniet.

Mededinging binne die landbou
Die handhawing en versterking van mededinging binne die landbousektor behoort sentraal te staan tot beleid en programme gerig op ’n groter toekomstige bydrae tot die sektor. Die mededingingsvoordeel van die sektor word bepaal onder meer deur die koste om sake te doen, toegang tot doeltreffende en betroubare infrastruktuur, toegang tot gevorderde tegnologie en inligting, en doeltreffende ramprisiko-bestuur. Agri SA het tekortkominge en agterstande geïdentifiseer en samesprekings met die Regering gehou oor oplossings. Dieselfde geld vir handelsaangeleenthede waar aspekte soos ’n toepaslike handel- en tariefbeleid, voldoening aan internasionale norme en standaarde ten opsigte van diere- en plantgesondheid, en die hersiening asook optimale aanwending van bestaande en toekomstige handelsooreenkomste ondersoek word. Agri SA verwelkom die onlangse vordering wat gemaak is met die opstel van ’n landboubeleid-aksieplan (APAP).

Ten spyte van ’n goeie werksverhouding tussen boere en die Regering se veiligheid- en sekuriteitstrukture, bly die vlakke van geweld en misdaad in landelike gebiede steeds onaanvaarbaar hoog. Agri SA sal sy volle ondersteuning bied met die toepassing van alle elemente van die landelike beveiligingstrategie en spesifiek die reserviste-beleid.

Agri SA meen dat die herstel van aanvaarbare vlakke van ekonomiese groei die uiteindelike oplossing vir Suid-Afrika verteenwoordig. Terselfdertyd moet ’n sosiale ontwikkelingsmodel in werking gestel word wat opleiding aan entrepreneurs sal verskaf ten einde die vestiging van 'n sterk kleinsakesektor en beter werknemers te verseker.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot