AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Regering moes vroeër opgetree het oor bek-en-klouseer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die hoewe van 'n bees met bek-en-klouseer. Foto: Verskaf deur Ginette Bentley
Die hoewe van 'n bees met bek-en-klouseer. Foto: Verskaf deur Ginette Bentley
Waarom het die regering só lank gewag om hewig op te tree? Dít is volgens mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sy groot probleem met die afkondiging van die nuwe maatreëls vir die bekamping van bek-en-klouseer.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het vroeër vandeesweek aangekondig dat die verskuiwing van beeste vir enige ander rede as slagdoeleindes vir die volgende 21 dae landwyd verbied word.

Van der Rheede sê dit is beslis nodig dat die regering drastiese stappe doen om die uitbreking te bekamp en te voorkom dat die siekte die Wes-, Oos- en Noord-Kaap bereik – veral aangesien daar reeds groot probleme in Noordwes en die Vrystaat is.

Hy meen die stap is ook nodig om groter gerusstelling te gee vir buitelandse aankopers van vleis en wol. “My probleem is egter waarom die regering so lank gewag het om op te tree. Toe die siekte in Limpopo en die noorde van KwaZulu-Natal kop uitgesteek het, moes daardie gebiede onmiddelik afgesper word. Daar moes ook onmiddellik beter polisiëring gewees het om die verskuiwing van diere te voorkom.”

Hy sê daar moes verseker word dat waar gesondheidsdienste, veral staatsveeartse, in kontak met die siekte kom, hulle nie die siekte verder versprei nie deur in kontak met ander diere te kom nie. “Die vermoede bestaan dat die siekte ook só versprei het.”

Diegene wat ten spyte van beperkings op die verskuiwing van diere steeds beeste van een provinsie na ’n ander verskuif het, moet volgens hom vasgetrek en swaar gestraf word. “Aan die begin van die uitbreking is nie teen hierdie skuldiges opgetree nie en nou sit ons met ’n totale verbod op die verskuiwing van beeste.”

Wes-Kaap

Die DA verwelkom die regering se optrede, maar meen dié optrede het te laat gekom.

Mnr. Andricus van der Westhuizen, die Wes-Kaapse DA-wetgewerlid vir landbou, sê die party het die nasionale regering versoek om boere in bek-en-klouseervrye gebiede, soos die Wes-Kaap, steeds toe te laat om beeste te verhandel.

“Die Wes-Kaapse regering het streng biosekerheidsmaatreëls ingestel wat tot dusver verseker het dat die provinsie bek-en-klouseervry bly en steeds kan aanhou handel dryf, terwyl ander provinsies onder ernstige uitbrekings gebuk gaan. Die nasionale regering kan ons hierin steun deur meer hulpbronne beskikbaar te stel vir padblokkades waar diere ondersoek kan word.”

Van der Westhuizen sê die siekte het die potensiaal om ’n verwoestende impak op die plaaslike vleisbedryf te hê, net soos die uitbreking in Brittanje in 2011 wat daartoe gelei het dat meer as 6 miljoen diere van kant gemaak moes word. “Terwyl ons die ernstige maatreël om die verspreiding van die siekte te bekamp verwelkom, is dit duidelik dat ’n gebrek aan optrede deur die nasionale regering in die vroeë stadiums van hierdie uitbreking daartoe gelei het dat drastiese stappe nou gedoen moet word.

“Die DA in die Wes-Kaap is bly om uiteindelik werklike optrede deur die nasionale regering te sien. Hierdie drastiese maatreël moet egter voortdurend gemonitor en hersien word, maar ook verslap word sodra dit veilig is om dit te doen. Die nasionale regering moet versigtig wees vir oordrewe maatreëls in bek-en-klouseervrye gebiede soos die Wes-Kaap, waar die nodige maatreëls reeds ingestel is om die siekte in bedwang te hou.”

Nie langtermynoplossing

Mnr. Noko Masipa, DA-LP, sê dit is Didiza en mnr. Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van die departement landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, se skuld dat die siekte soos ’n veldbrand versprei.

“Terwyl die minister geen verduideliking gebied het oor waarom kleinvee en wild van die verbod vrygestel word nie, het ’n boer in die bek-en-klouseerbeheergebied sy kommer uitgespreek oor koedoes wat sy beeste kan aansteek deur oor sy plaas se heining te spring. Besmetting deur wild het sy plaas al twee keer tevore tot stilstand gebring.”

Masipa sê beperkings op die verskuiwing van vee is nie ’n langtermynoplossing nie en dat Didiza se departement nooit met ’n plan vorendag gekom het om die uitbreking van die siekte op kleinboere se plase te bekamp nie. “Hierdie boere kla gereeld oor veediefstal. Dié gesteelde vee kan die grootste verspreiders van bek-en-klouseer wees.”

Te midde van die uitbreking is plaaslike dieregesondheidsdienste volgens Masipa op die punt om in duie te stort, met instellings soos Onderstepoort Biologiese Produkte en die Landbounavorsingsraad wat nie oor die nodige kapasiteit beskik om aan hul mandate te voldoen nie.

“Die minister moet dit ernstig oorweeg om die magte van die nasionale direktoraat van dieregesondheid te hersien sodat hierdie kantoor bemagtig kan word om biosekerheidsverwante kwessies tussen provinsies te bestuur. Dit moet ook die kapasiteit hê om, indien dit dringend benodig word, die nodige hulpbronne soos die polisie en die weermag te betrek om patrollies te doen en wag te hou oor paaie en die beweging van diere gedurende die 21 dae wat die verbod geld.”

Masipa sê Didiza moet begin om beamptes verantwoordbaar te hou as hulle misluk om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit. “Die departement moet daarvoor pa staan. Daar was aantygings dat die departement veilings toegelaat het wat nie aan die vereiste biosekerheidsmaatreëls voldoen het nie. Dit is onaanvaarbaar en moet stopgesit word.

“Didiza moet gevolgsbestuur in haar departement inbou met ’n duidelike skeidslyn vir verantwoordbaarheid. Sonder ordentlike gevolgsbestuur sal diegene wat die wette oortree, aanhou om dit te doen omdat hulle weet dat die departement nie die kapasiteit het om oortreders te vervolg nie.”

Onsinnige regulasies

Me. Tammy Breedt, VF Plus-LP en die party se woordvoerder vir landbou, sê die tweede groot uitbreking van bek-en-klouseer binne vier maande wys dat die regering geen werklike erns het om die siekte te bekamp nie en die verspreiding daarvan selfs met onsinnige regulasies aanhelp.

Sy sê die verbod op die verskuiwing van beeste, waarvan die besonderhede steeds nie in die Staatskoerant afgekondig is nie, sal nie net ernstige gevolge vir boere inhou nie, maar ’n ongunstige impak op verbruikers en die rooivleisbedryf hê.

“Die departement erken in ’n oorsigverslag dat die onwettige vervoer van diere een van die hoofoorsake is vir die verspreiding van bek- en klouseer. Tog word geen spesiale voorstel gemaak om dit aan bande te lê nie buiten deur te sê dat die ‘bedryf’ die polisie ‘aktief’ help teen oortreders.”

Sy sê die VF Plus het reeds vroeër vanjaar gewaarsku dat misdaad en die veiligheidsnet wat veronderstel is om verdere uitbrekings van bek-en-klouseer te voorkom, klaarblyklik vol gate is.

“Met die vorige uitbreking in Mei het China ’n onmiddellike verbod geplaas op die invoer van gespletehoefdiere en hul produkte, soos wol, vanuit Suid-Afrika. Die voortdurende voorkoms van die siekte raak die groter Suid-Afrikaanse ekonomie direk, terwyl hy steeds probeer om die gevolge van die covid-19-inperkings af te skud.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot