AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

‘Regering moet OBP red’

G’n verskoning bestaan waarom die Regering nie Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) finansieël kan red nie, sê die landbou-portefeuljekomitee.

Die Parlement se Portefeuljekomitee vir Landbou, Visserye en Bosbou is dit eens dat die Regering geen verskoning het om nie Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) te red, nes hy al vir ander staatsinstellings gedoen het nie.

Hierdie beroep kom benewens inligting dat die Departement vir Landbou, Visserye en Bosbou ‘n private maatskappy wil betaal om die dienste te lewer wat sy eie instelling, OBP, veronderstel is om te lewer.

Mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die portefeuljekomitee, het mnr. Peter Thabete, waarnemende adjunkdirekteur-generaal, oor die kole gehaal omdat hy meen OBP sal baie oortuigend moet wees om te bewys hy geld toegestaan moet word.

“Hoe meer oortuigend kan hy wees. Ons het selfs op ons besoek gesien hoe dinge daar lyk. Die OBP moet ‘n prioriteit wees,” het Johnson gesê. Hy het verder gewaarsku dat die departement in die vervolg die deur gewys sal word as hy nie met ‘n oplossing na die komitee kom nie.

Uit die moeilikheid gehelp

Me. Elizabeth Piluse-Mosoane, ANC-LP, het gesê hoewel die OBP ‘n besigheid is, is dit ook ‘n staatsinstelling en kan uit die moeilikheid gehelp word. Die Regering het al miljarde bestee om ander staatsinstellings uit die moeilikheid te help. OBP vra altesaam vir R120 miljoen om sy fabrieksaanleg te herkapitaliseer en sy genetiese fabrieksaanleg op te gradeer.

Dié instelling het laas in 2001 ‘n toelaag van slegs R9 miljoen van die Regering gekry.

Mnr. Ayanda Ntsho, waarnemende uitvoerende hoof en ook finansiële beampte van die OBP, het gesê hoewel die instelling R100 miljoen se inkomste einde Maart gehad het en in September vier nuwe produkte die lig laat sien het, hy met die opgradering van die fasiliteite gehelp moet word.

“Sedert 2000 word van die opgradering gepraat en dis al 2010.” Hy het gewaarsku dat as opgradering nie plaasvind nie, die OBP sy plek in die mark kan verloor. Hy het verder uitgewys dat die huidige toerusting vervang moet word want dit word nie meer vervaardig nie.

Wou driftig weet

Mnr. Salam Abram, ANC-LP, wou driftig weet waarom die departement werk wat die OBP kan doen, wil uitkontrakteer. Landbouweekblad het verlede week berig dat die departement wil hê Afrivet moet sy veeartsenydienste vir boere behartig, asook opleiding aan kleinboere gee om dieregesondheid te bestuur wat eintlik die taak van die voorligtingsbeamptes is.

Thabete het nie Abram se se vraag beantwoord nie.

Ntsho het dit duidelik gestel dat OBP die vermoë het om die diens te lewer en dat hy ekstra kapasiteit sal het as geld aan hom beskikbaar gestel word.

Hy het die komitee ook meegedeel dat private maatskappye na voorleggings kom luister en hul idees vat. “Ons gaan nie na hul vergaderings toe nie, maar omdat ons ‘n openbare instelling is kom hulle na ons s’n toe.”

Dieselfde voorlegging

OBP het sy konsepdokument vir primêre dieregesondheidsorg verlede jaar Oktober reeds voorgelê en “dit is dieselfde voorlegging wat Afrivet gemaak het”.

Ntsho het aan Landbouweekblad gesê dat hy geen verskil tussen hulle voorlegging en dié van Afrivet kan sien nie. As Afrivet die dienste wat die departement wil hê, lewer, maak dit ‘n deur vir hom oop na die entstowwe. “Dit is die beduidendste bemarkingsgereedskap, want hulle werk met die boere en later koop die boere hul entstowwe,” het hy gesê.

Mnr. Lourie Bosman, DA-LP, het gesê die departement is sentraal in die bestuur van die OBP en daar kan nie verwag word van die instelling alles om alles self te doen nie. Hy meen die departement het die nodige geld om die instelling by te staan en moet dit in belang van veral die kleinboere doen.

24 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot