AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Regering moet op dieselfde bladsy wees vir ons toekoms’ – suikerbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suid-Afrika se staatsdepartemente wie se besluite die maatskaplik-ekonomiese lewensvatbaarheid van die land se primêre suikerrietwaardeketting beïnvloed, moet dringend ophou om teenproduktief te werk.

Versuim om dit te doen sal die laaste spyker in die doodskis wees vir ’n 174 jaar oue bedryf wat jaarliks 18 miljoen ton suikerriet verbou en waarvan 1 miljoen mense se lewensbestaan regstreeks en onregstreeks afhang.

Dít het aan die lig gekom tydens ’n media-inligtingsessie wat onlangs in Johannesburg deur bestuurders van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV) aangebied is. 

Joernaliste is tydens die sessie ingelig dat fase 1 van die drie jaar oue meesterplan vir die suikerrietwaardeketting tot 2030, wat met die samewerking van die departement van handel, nywerheid en mededinging ontwikkel is, op 1 Maart 2023 tot ’n einde kom.

Dié fase was bedoel om die lang finansieel sukkelende suikerrietwaardeketting tyd te gun om homself in rat te kry vir die plan se fase 2 wat op 1 Maart 2023 te begin. Die tweede fase konsentreer op die diversifikasie van suikerriet-gebaseerde inkomstestrome weg van die bedryf se historiese afhanklikheid van hoofsaaklik suikerproduksie en -bemarking.

Mnr. Sifiso Mhlaba, die SASV se bestuursbeampte van nasionale mark- en internasionale aangeleenthede, het aan die inligtingsessie gesê die nasionale tesourie se gesondheidsbevorderingsheffing, oftewel suikerbelasting, wat sedert April 2018 ingevorder word, het tot 25 000 werksgeleenthede verlore laat gaan, die binnelandse vraag deur die drankiesbedryf na plaaslike suiker met 250 000 ton per jaar verminder en gelei tot ’n potensiële inkomsteverlies van R4 miljard tot dusver.

suikerriet, suikerbelasting, Suid-Afrikaans-suiker
Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse-suikervereniging wat onlangs in Johannesburg die suikerbedryf se kommer aan die media voorgehou het, was (van links) me. Sam Maphumulo, volhoubaarheidsbeampte, me. Priya Seetal, voedingbestuurder, mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur en mnr. Sifiso Mhlaba, uitvoerende hoof van nasionale mark en internasionale aangeleenthede. Foto: Lloyd Phillips

Hy het bygevoeg dat indien mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se voorstelle om die suikerbelasting vanaf April 2023 te verhoog en uit te brei, tot vervulling kom voordat die meesterplan se fase 2 ten volle toegepas kan word, sal Suid-Afrika se primêre suikerrietwaardeketting waarskynlik ineenstort.

So ’n stap sal 65 000 regstreekse werksgeleenthede uitroei, die ondernemings van 20 200 kleinerskaalse en 1 300 groterskaalse suikerrietkwekers verwoes, R18 miljard se bedryfsinkomste uit die ekonomie verwyder en 18 miljoen ton jaarlikse suikerrietproduksie met absoluut geen nut laat nie.

Moratorium

Mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die SASV, het sy en die primêre suikerrietwaardeketting se pleidooi aan Godongwana herhaal om ’n moratorium van drie jaar op verhogings en veranderinge aan die suikerbelasting te plaas.

Dit sal die suikerbedryf die tyd en die geld vir ’n tydperk van drie tot vyf jaar toelaat wat dit nodig het om gediversifiseerde inkomstestrome van suikerriet tot stand te bring. Sulke potensiële ander inkomstestrome sluit die produksie van biobrandstof, gelyktydig opgewekte krag en die vervaardiging van ander biogebaseerde produkte in.

“Ons vra bloot dat ons die ruimte gegun word om eers hierdie proses af te handel voordat ’n verhoging in die koers van die gesondheidsbevorderingsheffing in werking gestel word. Dan sal ons ten minste kan oorleef sodra dié verhoogde koers in werking tree.

"Ek dink dat die ingesteldheid van die regering se hantering van fiskale beleid, soos belasting, anders of afsonderlik van handels- en nywerheidsbeleid, soos die ontwikkeling van die suikerbedryf se produktiwiteit en lewensvatbaarheid, moet verander,” het Trikam gesê.

Trikam en Mhlaba het Godongwana aangemoedig om sy verbintenis van Februarie 2022 om openbare raadpleging oor die minister se voorgestelde verhogings en veranderings aan die bestaande suikerbelasting aan te bied, dringend op te volg.

Dit sal die suikerbedryf die geleentheid bied om sy motivering vir die moratorium omvattend aan die regering en die publiek voor te hou.

Min produsente is betaal

Ongeveer 4 300 suikerrietkwekers wat amper 600 000 ton in September aan Tongaat Hulett gelewer het, moes teen einde Oktober altesame meer as R400 miljoen in betaling daarvoor ontvang het.

Luidens 'n verklaring is bekend gemaak dat sommige van die kleiner kwekers teen die naweek hul geld ontvang het. Mnr. Andre Russell, voorsitter van die Suikerrietkwekersvereniging, sê vir die groot kommersiële boere is die wa wat betalings betref, nog nie deur die drif nie.

“Ons kan bevestig van die kleiner boere wat riet aan die Felixton-, Amatikulu- en Maidstone-meulens in September gelewer het, het hul geld ontvang. Kommersiële boere is nog nie betaal nie. Sowat 300 van dié produsente was verantwoordelik vir meer as die helfte van die riet wat gedurende September aan Tongaat gelewer is. Hulle neem ook die meeste van die 14 642 mense in diens wie se werksgeleenthede nou in gedrang is.”

Teen die einde van November moet daar weer betalings van ongeveer R345 miljoen gemaak word vir die 570 000 ton riet wat produsente vir Oktober aan Tongaat gelewer het.

Hy sê die vereniging gesels reeds met die sakeredders en ander rolspelers en hoop alle produsente word betaal, want buiten vir hul plaaswerkers, moet hulle ook kontrakteurs en anders verskaffers betaal.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot