AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Regering 'moet wakker skrik oor sitrus'

Kundigheid en goeie onderhandelings is nodig om seker te maak mededingende lande sit Suid-Afrika nie ore aan in markte waarheen die land gewoonlik sitrus uitvoer nie.

Die sitrusbedryf behoort vanjaar goed te vaar. Sitrus word byna heel jaar lank gelewer – van sagtesitrus vroeg in Februarie tot lemoene in November. Die verwagting is inderwaarheid dat sitrusproduksie binne vyf jaar tot 130 miljoen kartonhouers kan styg en binne die volgende 10 jaar tot 15 jaar tot 150 miljoen kartonhouers.

Suid-Afrika voer ongeveer 75% van die Suidelike Halfrond se sitrus uit. Ons is wêreldwyd die belangrikste produsent van pomelo’s. Die verbouing van suurlemoene en sagtesitrus-soorte brei wêreldwyd uit danksy goeie pryse. Daar is ook ’n toenemende bewustheid van sitrus se bydrae tot gesondheid.

Droogte

Sitrusproduksie het wel die afge­lope jaar onder die droogte se invloed deurgeloop. Weens die warm weer word verwag dat die nasionale oesopbrengs van sitrus vanjaar tot 111 miljoen karton­houers teenoor laas jaar se 118 miljoen kartonhouers (6% minder) kan daal. Die droogte sou ’n groter invloed op die nasionale sitrus-produksiesyfer gehad het as dit nie was dat meer as 40% van Suid-Afrika se sitrus in die Oos- en Wes-Kaap verbou is nie.

Wat besproeiingswater betref, is die probleem egter landwyd dat munisipaliteite ál meer met die landbou om water gaan meeding. Watertekorte en die gebrek aan die voorsiening van genoeg water gaan Suid-Afrika se ekonomiese groei ál meer begin beperk. As ’n boer dus besproeiingsgrond het wat nie deur verstedeliking geraak word nie, soos in die Oos-Kaap, het hy ’n bate wat in die toekoms net waardevoller kan raak.

Struikelblokke

Hoewel Suid-Afrika die uitvoer van sitrus in die Suidelike Halfrond oorheers, sal die Regering sy sokkies moet optrek om die sitrusbedryf voortdurend strategies te posisioneer om mededingende lande aanhoudend uit te stof. Regeringsamptenare doen puik werk, maar die staat se belegging in kundigheid hou nie tred met toekomstige probleme wat die bedryf in die gesig staar.

Eerstens moet Suid-Afrika die toenemende onderhandelingsukses wat ander sitrus-uitvoerlande in ons uitvoermarkte behaal, beëindig. Uitvoerlande het Suid-Afrika se uitvoermarkte in Asië in die visier en behaal sukses om groter marktoegang op gunstiger voorwaardes as Suid-Afrika te beding. Dit beteken dié lande voer meer sitrus uit en kan dit goedkoper as Suid-Afrika aan ons uitvoermarkte lewer. Sitrusverbouing neem dus nóg meer in ons mededingende lande in die Suidelike Halfrond toe.

Tweedens stel lande invoertariewe in wat dit duurder maak in daardie lande om sitrus uit Suid-Afrika in te voer.

Dus word sitrus uit ons mededingende lande ingevoer.

Suid-Afrika het groter kundigheid in sy regeringstrukture nodig oor hoe om hierdie hoë invoertariewe in lande, soos Indië, deur doeltreffende onderhandelings verlaag te kry.

Derdens is daar mededingers, soos Spanje, wat in dieselfde tydgleuf sitrus na die Europese Unie (EU) uitvoer. Lande soos dié is voortdurend besig om die kwessie van swartvlekbesmetting by Suid-Afrikaanse sitrus voor te hou. Dit is uiteindelik ’n politieke speelbal om sitrusuitvoer uit Suid-Afrika na die EU te beperk. Dit kos die plaaslike bedryf jaarliks meer as R1 miljard. Ons het goeie kundigheid nodig om dié saak te beveg. Suid-Afrika voer al sedert 1906 sitrus na die EU uit sonder dat swartvlek daar posgevat het.

Laastens lê Suid-Afrika tans klem op groter marktoegang in Afrika. Weens ons beperkte vermoë kan geleenthede om mark­ontwikkeling vir die sitrusbedryf deur bilaterale on­derhan­delings in Asië te bereik, afgestaan word aan Suid-Afrika se mededingers wat hulle op ons bestaande markte in Asië toespits. Chili het reeds in 2007 en Australië in 2014 ’n vryehandelsooreenkoms met Japan gesluit wat die uitvoer van sitrus na Japan bevoordeel bo invoer uit Suid-Afrika.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigheid in Johannesburg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot