AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Regering raak kort van draad oor skroothandel

‘n Periode van amnestie vir skrootmetaalhandelaars wat onwettig skroot koop gaan straks aangekondig word.

‘n  Periode van amnestie vir skrootmetaalhandelaars wat onwettig skroot koop gaan straks aangekondig word voor tronkstraf hulle onwettige optrede kan stuit. Hoewel die Wes-Kaap nie kopermyne het nie, is dit die provinsie wat die meeste koper in die land uitvoer. 

Die landbousektor is gereeld in die visier van boosdoeners wat spreierkoppe stukkend slaan, draadomheinings steel en koperkabels buit om vir skroot te verkoop. Dit jaag boere miljoene rande uit die sak aan herstelwerk en vervanging.

Mnr. Francois Malan, ‘n boer van Koelenhof naby Stellenbosch, het Woensdagaand by ‘n vergadering oor geweldsmisdaad in die dorp gesê die mark vir skrootmetaal is “die voedingsbron vir tikverslawing”. Dit lei uiteindelik weer tot ander misdade.

“Ek loop deur onder kabeldiefstal. Ek moes sedert Desember al agt keer my Eskom-kabels vervang,” het Malan gesê.


Voedselproduksie belemmer

Dit is ‘n probleem regdeur die provinsie en boere uit die Overhex-omgewing het al sowat drie jaar gelede vir Landbouweekblad gesê dit belemmer voedselproduksie. Mnr. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van veiligheid en sekuriteit, het gesê hy en premier Helen Zille is in gesprek oor hierdie probleem.


“Ons wil weet wanneer gaan politici die moed hê om teen skroothandelaars op te tree? As daar nie ‘n mark is nie, gaan niemand steel nie.”


Skroothandelaars wat gesteelde metale soos yster, alliminium, geelkoper en koper koop teken dit tipies nie in hul registers aan nie en hou dit dikwels ook nie op hul werf nie. 


‘n Klein persentasie van diewe wat in hegtenis geneem word met gesteelde metaal, word skuldig bevind. Die regmatige eienaar en polisie moet kan bewys dié metale is sy eiendom.


Die diewe bring egter nie die gesteelde voorwerpe in sy oorspronklike vorm na die skroothandelaars nie. Gewoonlik word dit eers in stukke gekap of onidentifiseerbaar gemaak sodat dit onmoontlik is om eienaarskap te bewys.

Kriminele vervolging


Volgens Fritz oorweeg hulle om ‘n periode van amnestie in te stel sodat skrootmetaalhandelaars wat onwettige skroot koop  “kan skoonkom”.


“Daarna moet ons arrestasies maak en hulle moet tronk toe gestuur word. As ‘n witboordjie-persoon tronk toe gaan, sal niemand ooit weer gesteelde goed koop nie.”

Lees hier meer oor die probleem van skroothandel.


28 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.4%
Rand - Pond
21.02
-0.6%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.08
+0.2%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,798
+0.2%
Alle aandele
79,996
+0.2%
Hulpbronne 10
74,959
+0.4%
Industriële 25
102,928
+0.3%
Finansiële 15
16,511
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot