AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Regering sê energiekrisis hoog op die agenda

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Suid-Afrika se energiekrisis is die fokusarea wat die afgelope kwartaal die meeste aandag geniet het binne die regering se Operasie Vulindlela, wat daarop gemik is om dienslewering in verskillende sektore te versnel.

Die operasie is ’n gesamentlike projek van die presidensie en die nasionale tesourie. Mnr. Mondli Gungubele, minister in die presidensie, en mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het onlangs verslag gedoen oor die vordering in die tweede kwartaal van die jaar.

Gungubele het gesê daar is nou meer as 80 hernubare kragopwekkingsprojekte in die vooruitsig met ’n gesamentlike kapasiteit van meer as 6 000 MW. Die gesamentlike taakspan wat vir Operasie Vulindlela opgestel is, het ook sleutelveranderinge ingestel om regulatoriese vereistes meer vaartbelyn te maak.

“Die gemiddelde tyd om projekte by Nersa te registreer, is nou versnel van soveel as vier maande tot net 19 dae en die tyd wat dit duur om ’n omgewingsimpakstudie te voltooi, is verminder van sowat 150 dae tot 57 dae. Vir projekte om sou gou moontlik te kan voortgaan, is Eskom ook versoek om goedkeuring vir verbindings te versnel.”

Nescom

Hy het gesê dat die energie-krisiskomitee (Nescom) op die been gebring is en voluit werk om die aksieplan vir energie so vinnig en volledig as moontlik toe te pas. “Bouwerk aan die kragprojekte sal werk skep, terwyl sekerheid oor energie-verskaffing tot verdere beleggings in die ekonomie sal lei.”

Hy het gesê die sleutelbestanddele vir ekonomiese groei is betroubare elektrisiteitsvoorsiening, ’n doeltreffende stelsel vir skeeps- en spoorvragvervoer, goedkoper data en beter telekommunikasie, sekerheid van watervoorsiening en vaardighede om produktiwiteit en innovering aan te dryf. “As ons hierdie aspekte van Operasie Vulindela reg kan kry, kan ons die ekonomie op ’n nuwe pad van groei plaas en werk skep.”

Godongwana, wat oor die ander aspekte verslag gedoen het, het gesê een van die suksesverhale is dat die opeenhoping van bykans 1 000 aansoeke vir watergebruikslisensies sedert April weggewerk is as deel van ’n omkeerstrategie. “Dit sal miljarde rande ontsluit vir nuwe beleggings in die landbou, bosbou en ander sektore wat nie kon voortgaan weens die uitstaande watergebruikslisensies nie.”

Watergebruikslisensies

Die departement van water en sanitasie het hom nou verbind tot ’n spertyd van 90 dae vir watergebruikslisensies waar dit voorheen tot 300 dae geduur het. Hy sê daar is ook aansienlike vordering gemaak met die stigting van ’n nasionale agentskap vir waterhulpbron-infrastruktuur en ’n konsep word binnekort vir kommentaar beskikbaar gestel.

Wat vervoer betref, het hy gesê daar is nog baie probleme met hawe- en spoorinfrastruktuur, maar Transnet se werkverrigting en ook sy geldelike posisie het verbeter. Die private sektor is op die punt om betrokke te raak by spoorvragvervoer met 16 geleenthede wat beskikbaar gestel is op die Durban-City Deep-roete en die Pretoria-Oos-Londen-roete. Aansoeke daarvoor sluit die einde van die maand.

Hy het gesê dit is die eerste stap om toegang vir die private sektor moontlik te maak. Daar word ook gewerk om die private sektor teen Januarie aanstaande jaar betrokke te kry by hawens se houerterminale. “Dit is ’n groot stap vorentoe om ervare internasionale operateurs in staat te stel om te belê in infrastruktuuruitbreidings by hawens en die bestuur by hawens te verbeter.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Kom dans in die reen saam my
Eks passievol. lewens lustig. never a dull moment. ek bring die son saam waar ek gaan. hou van die simpel lewe . maar met baie liefde in
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot