AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4504
-48,00
SOYA
03 Feb
-
9290
-40,00
SUNS
03 Feb
-
11095
-266,00
WEAT
03 Feb
-
6655
-30,00
WMAZ
03 Feb
-
4291
-34,00
YMAZ
03 Feb
-
4370
-40,00

Regering se energieplan gou bekend

Die Departement van Energie se geïntegreerde hulpbronprogram vir die elektrisiteitsbedryf (IRP2010) behoort begin April gereed te wees.

Die Departement van Energie se geïntegreerde hulpbronprogram vir die elektrisiteitsbedryf (IRP2010) behoort begin April gereed te wees, sê mnr. Thabang Audat, hoofdirekteur van energie by die departement.


Hy het op ’n energieberaad in Sandton gesê  die omvattende program word op 9 Maart aan die Kabinet voorgelê en verdere prosesse behoort voor einde vandeesmaand afgehandel te wees.


Me. Barbara Thompson, adjunkminister van Energie, het ook op die beraad na die plan verwys en gesê dit sal duidelikheid gee oor die land se energie-verskeidenheid vir die volgende 20 jaar.


Terselfdertyd is ook begin met ’n omvattende energieplan wat na langtermyn-alternatiewe vir die hele energiesektor sal omsien. Daar sal onder meer na die sektor se bydrae tot die Regering se groeiplanne en ’n groener ekonomie gekyk word.


Gebrekkige infrastruktuur


Oor die land se infrastruktuur vir kragverspreiding het sy gewaarsku dat die agterstand met onderhoud en instandhouding jaarliks met R2,5 miljard toeneem. “Studies in 2008 het getoon dat die agterstand toe reeds R27 miljard was. Vandag is dit R30 miljard,” het sy gesê.


Met die sluiting van EDI Holdings (die agentskap wat vir elektrisiteitsverspreiding verantwoordelik was) einde vandeesmaand, sal die Departement van Energie die herstrukturering van die netwerk oorneem.


Daar sal met die Tesourie saamgewerk word om ’n meganisme vir finansiering te skep om probleme met infrastruktuur die hoof te bied.


Lees meer oor die beraad in volgende week se Landbouweekblad.


2 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.94
-0.2%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,023.79
-0.1%
Palladium
1,681.40
+0.7%
Goud
1,914.08
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,874
+0.3%
Alle aandele
80,036
+0.3%
Hulpbronne 10
74,924
+0.3%
Industriële 25
103,003
+0.4%
Finansiële 15
16,596
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot