AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Regering verraai boere oor veiligheid’

Deur sy versuim om iets aan die landbougemeenskap se veiligheid te doen, verraai pres. Jacob Zuma en die Regering die boeregemeenskap.

Die Regering het nie die politieke wil om na die boeregemeenskap se veiligheid om te sien nie, sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA.

Meintjes het Zuma daarvan beskuldig dat hy die landbougemeenskap, synde ‘n strategies belangrike komponent wat stabiliteit kan verseker, verraai deur sy versuim om iets aan dié uiters belangrike gemeenskap se veiligheid, as voorsieners vir voedsel op almal se tafel, te doen.

In die eerste 14 dae van Februarie van die jaar is reeds 11 mense op plase vermoor. Dis byna een moord per dag.

Grondwetlike verpligting

In 'n nuusverklaring sê Meintjes die TLU SA staan daarby dat die Regering 'n gondwetlike verpligting het om na die veiligheid van sy burgers om te sien, waarvan hy nie kan wegkom nie. Dit sluit die landbougemeenskap in.

Daarbenewens huiwer die land op die rand van ekonomiese rommelstatus. “Die Regering moet ‘n klimaat skep waarbinne die private sektor met vertroue sal wil belê. Die Zuma-regering faal klaaglik daarin, net soos met sy verpligting om die gemeenskap veilig te hou,” sê Meintjes.

“Die veiligheidsklimaat in Suid-Afrika is onaanvaarbaar en in wese korrup as gevolg van die ANC-regering wie se enigste beleid, die voortsetting van die ‘struggle’ is, wat in praktyk neerkom op die oorlewing en verryking van regeringslui en hul trawante, in plaas daarvan om die land te regeer tot almal se voordeel.

Politici pas net hulself op, selfs deur SANW

“Die voorbeeld wat die Regering stel en ander toelaat om te stel, is inderdaad 'n aanmoediging vir enigiemand om maar te neem wat hulle wil waar hulle wil, al is dit selfs 'n persoon se lewe. Boere is vandag grootliks op hulself aangewese vir hul eie veiligheid, terwyl politici uit hul pad gaan om voldoende veiligheidsmeganismes daar te stel om hulself op te pas, selfs om die SANW te ontplooi."

Meintjes het Zuma gedaag om sy standpunt oor die onaanvaarbare vlak van plaasmoorde in duidelike taal te stel, maar verder ook duidelik uit te stippel wat die Regering se onmiddellike plan van aksie is om hierdie vergryp teen die reg van lewe van landbouers te stuit.

“Intussen het die landbougemeenskap geen alternatief as om homself te mobiliseer om die terrorisme wat teen hom gepleeg word, met gelyke munt te beantwoord nie. Ons boere weier om in groen sakke van hulle plase gedra te word, terwyl misdadigers binne dae borgtog kry om as helde van hulle gemeenskap geparadeer te word. Boere se gemoedere loop hoog, en baie voel al byna dat hulle niks meer het om te verloor nie en is daarom bereid om tot uiterstes te gaan om ten minste hulle lewens en dié van hulle naasbestaandes met alles tot hulle beskikking te verdedig,” sê Meintjes.  “Net die Regering is vir die plofbare situasie te blameer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
-1.3%
Rand - Pond
20.07
+0.8%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,707.34
-1.1%
Silwer
20.21
-4.1%
Palladium
2,224.00
-4.2%
Platinum
909.50
-2.6%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,173
-1.1%
Alle aandele
65,583
-1.1%
Hulpbronne 10
63,659
-1.4%
Industriële 25
79,188
-1.1%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot