AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Register vir boere bekend gestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, met ’n afskrif van die nasionale verslag oor die register vir boere. Foto: Nico van Burick
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, met ’n afskrif van die nasionale verslag oor die register vir boere. Foto: Nico van Burick
Die departement het reeds in 2011 al in 'n verklaring aangedui dat so 'n register beoog word.

’n Besonderse mylpaal is pas bereik toe me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ’n register vir verskillende kategorieë boere in Suid-Afrika bekend gestel het.

Nadat jare lank gepraat is oor die noodsaaklikheid van só ’n register, wat veral konsentreer op kleinskaalse boere, het die departement in 2018, met die hulp van Statistieke Suid-Afrika (SSA), met ’n opname begin. Teen 2020, toe die covid-19-inperking begin het, was 95 501 veral kleinskaalse en bestaansboere geregistreer. Daar is ook gebruik gemaak van die landbousensus wat SSA in die 2019-’20-boekjaar gedoen het om besonderhede van hoofsaaklik kommersiële boere in te win.

“Hierdie is vir ons baie belangrike inligting, nie net vir beleidsontwikkeling nie, maar ook vir regulering en ondersteuningsprogramme. Ons weet nou beter hoeveel kleinskaalse boere daar in die onderskeie provinsies is, waar hulle boer, waarmee hulle boer en watter tipe ondersteuning hulle nodig het,” het Didiza gesê. “Ons kan hulle ook help met marktoegang vir hul produkte.”

Sy sê daar sal voortgegaan word om die register aan te vul en meer boere aan te moedig om te registreer sodat daar ’n nog duideliker prentjie kan wees van hoeveel boere bydra tot Suid-Afrika se ekonomie.

Nie vir belastingdoeleindes

Volgens haar was boere aanvanklik huiwerig om te registreer omdat hulle bang was die inligting word vir belastingdoeleindes ingesamel.

“Ek dink ons het nou ’n baie beter prentjie van die onderskeie hoeveelhede produsente. Met die landbousensus is die aantal kleinskaalse boere op 20 000 geraam. Ons eie opname het nou getoon dat hulle baie meer is.”

Vir die doeleindes van die register word kleinskaalse boere beskou as diegene met ’n omset van tussen R50 000 en R1 miljoen per jaar. Daar word gewerk op syfers van 40 000 kommersiële boere, 300 000 kleinskaalse boere en 2,3 miljoen huishoudings wat by die een op ander vorm van voedselproduksie vir eie gebruik betrokke is. Sy glo hierdie syfers is meer realisties as vorige syfers.

“Hierdie register is ’n mylpaal wat ons beter in staat sal stel om die sektor te laat groei op grond van betroubare inligting. Ek glo met die hulp van die provinsiale departemente en die onderskeie landbou-organisasies sal ons hierdie gereedskapstuk verder kan uitbou.”

Van die 95 501 geregistreerde kleinboere, was 20 664 in die Oos-Kaap, 18 663 in Kwazulu-Natal,  14 411 in Mpumalanga en 12 482 in Limpopo. Bykans 40% hiervan was vroue.

Die meeste boere (46,1%) was by veeboerdery betrokke, gevolg deur gewasproduksie (42,2%) en gemengde boerdery (11,3%). Wat ouderdom betref, was 47,2% tussen die ouderdom van 36 en 60, 38,8% was ouer as 60, 13,2% was tussen die ouderdom van 18 en 36 en 0,8% onder 18.  

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-1.0%
Rand - Pond
20.16
+0.3%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.76
-0.8%
Silwer
20.51
-2.6%
Palladium
2,252.98
-3.0%
Platinum
919.00
-1.6%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot