AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Regsman laat boere rooi sien oor grond

? Regsman het baie Agri SA-lede warm onder die kraag gehad toe hy gesê het vir 200 jaar is grond gesteel sonder dat mense die kans gehad het om te onteien.

Ryk, eerlike en betekenisvolle interaksie tussen alle rolspelers by grondhervorming is nodig om die vonke wat reeds in die kruitvat is, te beheer en die proses te bestuur, was die opsomming van mnr. Henk Smith, ’n prokureur van die Regshulpbronsentrum by ’n debat oor grondhervorming tydens Agri SA se kongres.

Die paneel, wat die toekoms van grondhervorming bespreek het, was dit eens dat intense onderhandeling en kompromieë noodsaaklik is. Mnr. Masiphula Mbongwa, raadgewer by die Ministerie van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê dit is soos ’n familie met meningsverskille.

“As lede van dieselfde familie moet ons eenvoudig met oplossings kom om vorentoe te beweeg. Die één vereiste is dat produksie nie versteur moet word nie – nie tydens die proses nie en ook nie daarna nie. Almal moet beter daaraan toe wees en voedselsekerheid moet nie in die gedrang kom nie.”

Ooreenkomste en skerp verskille

Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se beleidskomitee vir landbou-ontwikkeling, sê almal besef die noodsaaklikheid van hervorming en daar is verbasend baie ooreenstemming, maar ook skerp verskille. Belangrike vereistes is dat eienaarskap die grondslag moet vorm, dat begunstigdes beter gekeur moet word om korrupsie en nepotisme te verhoed en daar sterk ondersteuningstelsels vir hulle moet wees.

“Ons kan nie bekostig om regeringsparasiete op kommersiële plase te skep nie.”

Smith het baie Agri SA-lede warm onder die kraag gehad toe hy gesê het vir 200 jaar is grond gesteel en afgeneem sonder dat mense die waardigheid gehad het om te onteien. “As dit ’n gegewe is dat ons voorouers hulle titel op grond gratis gekry het, is dit miskien nodig om ’n 20% diskonto op markwaarde daarvoor toe te laat. As die waarde van transformasie vir die samelewing ook só belangrik is, regverdig dit dalk ’n verdere 20% diskonto. Dit is nie onwerklik om te sê kom ons begin met ’n 40% diskonto nie. Dit gaan oor billikheid en regverdigheid.”

'Vertroue nodig'

Pringle het daarop gewys dat vertroue tussen die Regering en kommersiële boere nodig is om grondhervorming te laat slaag en nuwe boere suksesvol te vestig. Hierdie vertroue kan nie gevestig word as kommersiële boere beswadder en selfs van diefstal beskuldig word nie.

“Verder is daar ’n tekort aan geld. Daar is selfs ’n verwagting dat kommersiële boere vir grondhervorming moet betaal. Hoe kan verwag word van 35 000 mense om vir grondhervorming van 45 miljoen te betaal? Dít terwyl sowat 40% van hierdie boere minder as ’n gemiddelde staatsamptenaar verdien.”

Me. Preline Swart, onder-voorsitter van Graan SA, het op die belangrikheid van eiendomsreg gewys. “As titelaktes van hierdie nuwe era-boere weerhou word, word hulle afhanklikes van die staat en sal hulle nooit suksesvolle boere kan wees nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot