AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Regte beleidsomgewing nodig vir groei – TLU SA

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
“Die waarde van ’n produserende, kommersiële boer het die afgelope jaar al hoe duideliker geword."

“Die waarde van ’n produserende, kommersiële boer het die afgelope jaar al hoe duideliker geword, en waar stelsels in duie stort, was dit Suid-Afrikaanse boere wat gesorg het dat Suid-Afrika steeds funksioneer.”

Só het mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, in sy openingsrede op die organisasie se jaarkongres in Pretoria gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika gaan gebuk onder ’n beleidsomgewing wat ernstig deur die markte bevraagteken word. Reeds voor die covid-19-pandemie is Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus afgegradeer, en daarna het die inperkingsmaatreëls die ekonomiese omstandighede verder versleg.

Hy het gesê die ANC se beleid het oor baie jare veroorsaak dat beleggersvertroue afgetakel word en die ekonomiese kragte worstel om te wen teen die onrealisme waarmee die regering volhard. “Daar sal iewers eerlik geraak moet word oor die beleidsomgewing en veral die implikasies daarvan vir Suid-Afrika. Met ongeveer 68% van ons land se inwoners wat verstedelik is, kan enige regdenkende mens besef dat die grootste bate wat Suid-Afrika kan hê, juis ’n produserende boer is wat toesien dat verbruikers kos op hul tafels kry.”

Hy het gevra wat dit gaan verg om hierdie begrip by die regering tuis te bring. Volgens Geldenhuys praat die regering in byne elke regeringsaankondiging van transformasie. Die ervaring hiermee is dat die ANC regeringsaspekte soos swart ekonomiese bemagtiging, gelyke indiensneming, grondhervorming en die herverdeling van bates daarbinne verpak.

“Nog nêrens ter wêreld het die verdeling van welvaart ’n volhoubare uitkoms gehad nie. Gelyke armoede is die noodwendige gevolg. Die gesentraliseerde beheer waarop die regering afstuur, het as model nog net wêreldwyd armoede en onderdrukking veroorsaak.”

Geldenhuys het gesê Suid-Afrika het oneindige maatskaplike probleme met ’n werkloosheidsyfer van 44,4% en armoede wat hoogty vier. Die probleem vererger jaarliks met die huidige beleidsomgewing. Die oplossing is om ekonomiese groei te verkry.“Groei kan nie net aangekondig word nie. Dit kan slegs verkry word as die private sektor gunstig reageer op ’n gunstige klimaat, wat die regering veronderstel is om te skep, waarbinne entrepreneurs en beleggers graag besigheid wil doen.

“Ekonomiese groei word verkry wanneer die regte beleidsomgewing en ’n veilige omgewing geskep word. Die sterkste grondslag vir enigeen om kapitaal te belê is gebou op die beginsel van private besitreg.

“Die regering moet homself afvra of enigeen by sy volle verstand kapitaal op groot skaal in Suid-Afrika sal belê as die Grondwet bepaal dat bates afgevat kan word van inwoners sonder om daarvoor te betaal.”

Geldenhuys het gesê dit is blatante diefstal en om so iets grondwetlik te wil maak, impliseer dat diegene wat dit wil doen, inderdaad 'n groep misdadigers is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot