AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Regter kap Regering oor plakkers op plaas

"Ondanks 'n boer se noodkrete dat die Regering hom te hulp moes kom, het alle vlakke van die Regering in daardie tyd niks gedoen om hul grondwetlike pligte na te kom nie. Só kan dit nie aangaan nie. Die Regering moet nou in rat kom."

Met dié harde woorde het regter William de Villiers in die Pretoriase Hooggeregshof die president en verskeie staatsdepartemente gelooi omdat hulle toegelaat het dat 'n hele plakkersgemeenskap van meer as 40 000 mense hulle op mnr. Braam Duvenage se plaas, Modderklip, naby Benoni aan die Oos-Rand, tuisgemaak het sonder om enigiets te daaromtrent te doen. Regter de Villiers het gelas dat die Regering voor 28 Februarie aanstaande jaar 'n omvattende plan onder eed aan die hof en die partye wat deel van die saak is, voorlê oor hoe die hy die skending van mnr. Duvenage se eiendomsreg gaan stopsit, hetsy deur onteiening of ander toepaslike maatreëls. Die Regering moet in dié plan dit duidelik uiteensit hoe hy die land se howe met só 'n probleem gaan help en hoe hy sy grondwetlike verpligtinge gaan nakom oor die ontneming van eiendom en toegang tot grond sowel as behuising. Hy moet ook sê hoe hy die uitvoering en instandhouding van die plan gaan monitor. Regter De Villiers het gesê die hof moet in ag neem dat die bestaande instelling geskep deur die staat ter uitvoering van 'n hofbevel, naamlik die balju, "in die omstandighede van grondroof, wat die pilare van die Grondwet aanval en wat op heerskappy deur die massa, intimidasie en vernietiging van die demokrasie neerkom, bloot eenvoudig nie doeltreffend is nie. Die weiering van die staat om hierdie bevoegdhede behoorlik uit te oefen, is 'n weiering van die handhawing van die demokratiese staatsbestel -- iets wat die Grondwet heeltemal ondermyn en tot ineenstorting van die waardes van 'n oop demokratiese gemeenskap sal lei, asook die oppergesag van die reg." Voorts moet die Suid-Afrikaanse Polisiediens sy verantwoordelikheid doeltreffend nakom, misdaad voorkom en bestry en die inwoners van Suid-Afrika, waaronder mnr. Duvenage, en hul eiendom beskerm en beveilig en die reg handhaaf en toepas, soos wat dit in art. 205 van die Handves uiteengesit word, het die regter gesê. Me. Annelize Crosby van Agri SA, wat as vriend van die hof tot die saak toegetree het, het die uitspraak as van besondere belang bestempel en gesê dit stel dit baie duidelik dat die staat 'n verantwoordelikheid jeens sy burgers het en hulle moet beskerm. Sy meen die uitspraak skep 'n presedent vir soortgelyke sake. Mnr. Willie Lewies, voorsitter van TLU SA se grondsakekomitee, het gesê die uitspraak ondersteun dié organisasie se uitsprake oor die jare dat die aantasting van eiendomsreg in Suid-Afrika ooglopend deur die Regering toegelaat word. Voorts het die regter die spyker op sy kop geslaan deur dit grondroof te noem. Hy het ook gewaarsku dat hierdie saak dit duidelik maak dat boere nie moet toelaat dat plakkery op hul grond ontstaan nie. Wanneer dit enigsins lyk na plakkery, moet boere vroegtydig optree. Regter de Villiers het ook gelas dat die staat alle koste van die saak moet betaal, insluitend die koste van Agri SA en sy twee advokate. Die respondente in die saak, wat die staat verteenwoordig het en die koste moet betaal, is die president as eerste respondent, gevolg deur die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, die Minister van Landbou en Grondsake en die nasionale kommissaris van polisie.29 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot