AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Regter veroordeel ‘roof-storting’

Regter Richard Goldstone, beskermheer van die teenstortingsbeweging FairPlay, het die optrede van invoerders wat hulle skuldig maak aan hoenderstorting sterk veroordeel.

Dit sal in die Regering se belang wees om stappe te doen teen enige praktyke wat die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf skade berokken en duisende werkers hul poste kan laat verloor. Só sê regter Richard Goldstone, beskermheer van die FairPlay-teenstortingsbeweging.

Goldstone het by 'n beraad van die beweging gesê volgens beide internasionale en Suid-Afrikaanse wetgewing is storting nie onwettig nie. Dit word bloot “veroordeel”.

Die enigste toegelate hulp vir diegene wat skade ly weens roof-storting (predatory dumping) is die instel van invoertariewe wat nie groter mag wees as die marge van die storting nie, het Goldstone gesê.

Die regter het dit duidelik gemaak hy is nie 'n kenner van werkverskaffing of die pluimveebedryf nie. Hy weet egter die pluimveebedryf is die laaste ses jaar swaar deur afleggings, sluitings en likwiderings geraak.

“Een van die redes vir die inkrimping van die pluimveebedryf word aan roof-storting deur buitelandse produsente toegeskryf, spesifiek sommige lede van die Europese Unie.”

Sukses

Suid-Afrika se toekomstige sukses hang daarvan af of rykdom eweredig versprei kan word, het Goldstone gesê. Werkloosheid het 'n vernietigende uitwerking op die ekonomie.

“Ons behoort elke dag aan ons miljoene medeburgers te dink wat nie werk kan kry nie en die lyding wat dit vir hulle en hul families veroorsaak. Roof-storting vererger dié ellende.

Goldstone het gesê in sommige gevalle het storting 'n roof-doelwit.

“Hier is die bedoeling van die uitvoerder om plaaslike produsente te dwing om insolvent te word en toe te maak - dus die vernietiging van mededinging. Die buitelandse roof-storter kan dan sy produkte teen hoër pryse na daardie land uitvoer, sonder om te vrees vir mededinging van produsente wat gedwing is om toe te maak.

“Die meeste mense sal verras wees om uit te vind dat sulke gedrag nie deur Suid-Afrikaanse of internasionale wetgewing verbied word nie,” het Goldstone gesê.

Mnr. Anthony Norton, regsgeleerde van Norton’s Inc Attorneys, het tydens 'n paneelbespreking gesê hy is optimisties dat Suid-Afrika se wetgewing oor mededinging en beskerming van verbruikers gebruik kan word om vergoeding rakende gestorte hoender te eis.

Mededingingswetgewing vereis onder meer dat oorheersing bewys moet word, wat gewoonlik moeilik is, maar Norton sê die wet maak ook voorsiening daarvoor dat markkrag bewys kan word.

Regering belowe hulp

Mnr. Marthinus Stander, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings (CBH) en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se braaihoenderorganisasie, het FairPlay bedank vir sy hulp tot dusver.

'n Taakspan het in opdrag van die Regering reeds 'n dik verslag met voorstelle opgestel. Stander het gesê 'n mens moet egter nie groot aankondigings verwag nie, oplossings sal eerder bietjie-bietjie in werking gestel word.

FairPlay is ook besig om handtekeninge vir 'n versoekskrif te werf waarin die Regering gevra word om op te tree. Stander het gesê CBH gaan nie meer 'n aanleg in Mafikeng, Noordwes, sluit nie, op versoek van dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, asook 'n belofte dat daar hulp sal wees.

Beide hy en dr. Charlotte Nkuna, uitvoerende amptenaar van die SAPV, het dit verwelkom dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye nie soos in die verlede Europese produsente binne 'n kort tydperk nadat hulle as skoon van voëlgriep verklaar is, weer toelaat om na Suid-Afrika uit te voer nie.

Die departement het gesê hy wil elke betrokke land besoek om hul status te bevestig, soos wat Europese lande gewoonlik ook met Suid-Afrika doen, het Stander gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
-0.5%
Rand - Pond
19.17
+1.1%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,638.25
-0.3%
Silwer
18.59
-1.5%
Palladium
2,087.50
+0.7%
Platinum
861.00
+0.3%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot