Voorgestelde veranderinge aan regulasies vir die merk van renosterhorings en die jag van wit renosters is gepubliseer.
Voorgestelde veranderinge aan regulasies vir die merk van renosterhorings en die jag van wit renosters is in die Staatskoerant gepubliseer. Luidens ‘n verklaring is dié norme en standaarde in die staatskoerant van 30 September 2011 vir kommentaar gepubliseer.
Die veranderinge word voorgestel in ‘n poging om die uitbuiting van die bestaande sisteem deur sekere individue stop te sit.
Mnr. Albi Modise, woordvoerder van die Departement van Omgewingsake, sê: “Die voorgestelde veranderinge is daarop gefokus om die misbruik van die permitstelsel te beperk. Hoewel onwettige jag die hoof bedreiging vir die voortbestaan van die oorlewing van renosters buite dieretuine is, is strenger vereistes rakende jag nodig om te vir seker dat die proses gestandariseer is en om moontlike misbruik van die stelsel te beperk.”
Mikro-merkers
Volgens die nuwe standaarde moet die horings van alle lewendige renosters wat verkoop of vervoer sal word, wat voor die instel van die norme en standaarde nie gemerk is nie, se horings met die nodige mikro-merkers gemerk moet word.
Die bestuur van die jag van wit renosters en alle renosterjag-ekspedisies, moet volgens die voorstelle streng beheer word, volgens die proses rondom die toekenning van ‘n permit vir die jag van ‘n bedreigde spesie. Met behulp van dié permit kan die departement die aantal renosters waar die jagtog sou plaasvind, nagaan.
Een elke jaar
Volgens die voorstelle mag ‘n individu ook net toegelaat word om elke twaalf maande een renoster te jag en ‘n trofee uit te voer.
Kommentaar oor die voorstelle binne 30 dae vanaf die publikasie datum by die departement ingehandig word.
Die totale voorsteldokument is hier beskikbaar.
9 Oktober 2011