AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rekord spat tydens uithourit

'n Deelnemer van Namibië en haar merrie het tydens die 41ste uithourit op Fauresmith 'n rekord aan flarde gery.

Minstens een rekord het tydens vanjaar se 41ste Fauresmith-perdeuithourit in die slag gebly tydens ’n byeenkoms wat oor die algemeen seepglad en in betreklik warm toestande verloop het.

Me. Sarina Bosch van Namibië op die merrie Mar-Dien Blue Jeans het die afstand van sowat 201 km in altesaam 8:00:25.85 afgelê teen ’n gemiddelde spoed van 25.0299 km/h. Haar totale wentyd in die liggewig-afdeling was sowat 4 minute vinniger as die liggewig-rekord van me. Madeleine Raubenheimer in 2012. Bosch se ma, mev. Shanie Bosch-Fourie, was in 2007 die wenner van die standaard-afdeling op Gitan teen ’n gemiddelde spoed van 24,55 km/h.

Twee lede van die gesin van Noordwes wat as voorlopers van hulle onderskeie gewigsklasse saam die laaste skof aangepak het, het gewen.

Mnr. Nardus Scheepers, ’n sakeman en boer van Schweizer-Reneke, sy vrou, Anne-Mari, en hul elfjarige seun, CF, het die derde dag van die uithourit die voorste wegspringplek in die klasse vir standaardgewig, liggewig en kinderruiter beklee te danke aan hulle vertoning oor die eerste twee dae.

Scheepers, op die reun Jactru Star, wat verlede jaar tweede in sy afdeling was, was eerste in 8:01:51.27 en klein CF, op die 15-jarige reun Schakker, wat in 2012 die derde beste kinderruiter op Fauresmith was, het sy afdeling in 8:01:49.41 gewen. Sy ma, Anne-Mari, op die reun Pegasus, het vierde in die liggewig-afdeling geëindig.

Verlede jaar se wenner van die standaard-gewigsklas, mnr. Sarel Venter op Cheree, het tweede in sy afdeling geëindig.

Die wenner in die afdeling vir jong ruiters was Andriëtte Jacobs op die merrie Sleipner Lina en die swaargewig-wenner was mnr. Lucas Fourie van Leniesdeel by Louwna. Fourie was ook die wenner in 2010 en 2011, maar is in 2012 en 2013 deur mnr. Johann Nieuwoudt van Schweizer-Reneke  op  Vonk getroef. Nieuwoudt het vanjaar vyfde geëindig.

In die spankompetisie het die junior ruiters van die WP gewen, die standaard- en die liggewig is deur spanne van Noordwes gewen, terwyl die swaargewigte van die Erasa-span gewen het.

Vanjaar se 41ste Fauresmith-perde-uithourit is deur die uitstekende standaard van die perde en deelnemers gekenmerk en deelnemers is dit eens dat die mededinging oor die jare toeneem. Die toestande wat die deelnemers moes trotseer, was goed. Dit was, nes verlede jaar, nie baie koud nie. Koeler toestande bevorder gewoonlik die prestasie van die perde.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.2%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,720.54
-0.3%
Silwer
20.83
-1.1%
Palladium
2,304.01
-0.8%
Platinum
926.00
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot