AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Rekordprys’ vir bokhaar maak opslae

’n Rekordprys wat vir sybokhaar betaal is, maak opslae omdat dit buite om ’n amptelike veiling verkoop is.

Die nuwe wêreldrekordprys van R651/kg wat op 6 Mei op CMW se sybokhaarveiling behaal is, het opslae gemaak toe BKB bekend gemaak het dat hy dieselfde dag ’n soortgelyke baal kleinbokkiehaar buite die veiling teen R870/kg verkoop het.

Dit het vrae laat ontstaan, soos hoeveel sybokhaar buite die veiling verhandel word.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuurder: wol en bokhaar van BKB, het op navraag aan Landbouweekblad gesê dat BKB deur mnr. Ken Reed van New Engeland Wool genader is. BKB hanteer 43% van die Suider-Afrikaanse sybokhaarskeersel (Lesotho ingesluit) op dié veiling.

Reed het R870/kg vir ’n baal BSFFK van 24,4 mikron aangebied. “BKB se sakemodel is om die beste prys vir sy kliënte te beding, hetsy dit binne of buite die veilingstelsel is. Ons kliënt was in sy skik met die prys en het dit aanvaar. Onthou dat die vesel nooit aan BKB behoort nie en dat die verkoper die keuse het hoe dit van die hand gesit moet word.”

Ander aanbiedinge
Staats sê van die kopers was ongelukkig oor die prys wat aanvaar is en het op die veiling hulle aanbiedinge vir sekere ander lotte van BKB onttrek. “Die betrokke lotte is egter dadelik deur van die ander kopers opgeraap.”

Hy het beklemtoon dat BKB ondanks die gebeure voortgaan om die veilingstelsel te ondersteun aangesien daar na hulle mening gesonde mededinging is. “Sou ons egter buite die veiling ’n hoër prys vir ons kliënte kan beding, sal ons aanbeveel dat dit aanvaar word.”

Reed, wat die bokhaar teen die rekordprys vir sy Italiaanse kliënt, Vitale Barberis Canonico, gekoop het, sê sy kliënt vervaardig van die wêreld se mees luukse sybokhaarmateriaal. Die kliënt is bereid om boere wat die beste gehalte haar lewer met ’n premiumprys te vergoed as aanmoediging om meer daarvan te produseer. “Hoewel ons nie die grootste koper op die mark is nie, ding ons net mee om die allerbeste haar wat beskikbaar is te bekom. Daar is ander kopers wat waarskynlik ook bokhaar privaat koop en geen haan kraai daaroor nie.”

Reed sê sy aanbod om bokhaar regstreeks by CMW te koop, is van die hand gewys. “Tydens die veiling het CMW ’n hoër aanbod wat ek op sekere ander lotte gemaak het, ook van die hand gewys toe sommige kopers kapsie gemaak het.”

Regstreekse verkope
Mnr. Pierre van die Vyver, bestuurder van CMW, het bevestig dat hulle ’n aanbod vir regstreekse aankope van New England Wool ontvang het. “Ek het dit met die betrokke kliënte bespreek wat gesê het hulle verkies dat hulle bokhaar eerder op die veiling aangebied word aangesien regstreekse verkope die begin van die einde van die openbare veilingstelsel kan beteken. Die betrokke koper het immers die keuse gehad om die hoër prys ook op die veiling te betaal.”

Van der Vyver het benadruk dat die enigste wêreldrekordprys wat die bedryf erken dié is wat op die veiling behaal word. “Die openbare veilingstelsel is steeds die mees betroubare prysbarometer. Die betrokke kopershuis ter sprake koop minder as 1% van die sybokhaarskeersel.”

Mnr. Deon Saayman, hoofbestuurder van Sybokhaar Suid-Afrika, wou nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.     

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.9%
Rand - Pond
19.30
+0.2%
Rand - Euro
17.23
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,636.43
+0.9%
Silwer
18.72
+2.0%
Palladium
2,096.50
+2.6%
Platinum
860.00
+0.8%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,660
+0.7%
Alle aandele
64,064
+0.7%
Hulpbronne 10
56,863
+1.2%
Industriële 25
79,521
-0.0%
Finansiële 15
14,195
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot