
Vanjaar se Stoet-Wildtelers-veiling by Vleissentraal Bosveld in Bela Bela het vir baie opwinding gesorg. Die omset vir die veiling het hoër as R230 miljoen gedraai met diere van telers Dinaka, Lumarie, Nyumbu, Phala Phala, Shelanti en Tembani te koop.
Adjunkpresident en wildboer mnr. Cyril Ramaphosa het vir die eerste keer ter wêreld ‘n Witsy rooibok, oftewel white flanked Impala, te koop aangebied. Die agt maande oue ram is vir R9,7 miljoen verkoop. Nog twee van die skaars bokke het elk vir R8,2 miljoen elk verkoop.
Vyftien gewone rooibok-ooie wat dragtig is met die skaars ramme se nageslag het vir R27,2 miljoen verkoop. Mnr. Pieter Bellingham van Tambotie Floodplains is die nuwe eienaar van al dié diere.
Verskeie pryse het meer as verdubbel vergeleke met verlede jaar se veiling. ‘n Middernag Impala-ram is vir R2 miljoen opgeveil, amper drie keer die R750 000 wat voorheen die dié spesie betaal is. Woody Cape Wildlife, kopers van dié ram, he took verskeie Swart en Swat saalrug rooibokke, asook buffels aangekoop. Die duurste buffel het R8.1 miljoen beloop, wat ook amper drie keer meer is as die vorige rekord van R3.4 miljoen.
Die Stoet-Wildtelers meen dié veiling se pryse is ‘n aanduiding dat die teel van skaars wildspesies tans die mees dinamiese bedryf in Suid-Afrika se landbousektor is. Volgens mnr. Richard Morton van Tembani is die doel van die genootskap om uitstekende diere in hul beste kondisie aan kopers te bied.