AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Renosterboer, vrou vermoor in plaasaanval

Die plaasmoord van 'n bekende renosterboer en sy vrou is een van verskeie aanvalle op boere die afgelope naweek.

Mnr. Piet van Zyl, 'n bekende boer van Mokopane en sy vrou, Tilla, is Saterdagaand op hul plaas in die Immerpan-omgewing oorval en vermoor. Beide is met 'n 9mm pistool geskiet en hul lyke is Sondagoggend deur 'n familielid in hul slaapkamer gevind.

Van Zyl het vroeër jare met gesaaides op die Springbokvlakte geboer en was veral bekend vir sy groot katoenaanplantings. Later jare het hy hom op renosters toegespits en dié diere ten duurste beskerm in die hoop dat hy later wettiglik met renosterhoring sal mag handel dryf.

Hy is 'n jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy in 'n lokval gelei is om renosterhoring onwettig aan 'n agent te verkoop. Hoewel die verkoop nie wettig was nie, het bronne na aan Van Zyl bevestig dat hy wel die wettige eienaar van die renosterhorings was.

Hoewel die kluis tydens Saterdagaand se aanval oopgebreek is, is dit nog nie duidelik of iets gesteel is nie. Ondersoekbeamptes kon ook nie sê of die aanval verband hou met renosterhorings nie.

Stropers

Van Zyl moes gereeld pogings om sy renosters te stroop afweer. Verlede jaar,in die maand voor hy in hegtenis geneem, het sewe pogings om renosters te stroop op sy plaas voorgekom.

"Elke keer het die stropers gevlug, net om 'n paar dae later terug te kom. Dit nadat daar al nege renosters by hom gestroop is die afgelope jaar of twee," het die bekende megaboer en vriend van Van Zyl, mnr. Piet Warren, aan Landbouweekblad vertel.

'n Tiende renoster is Desember geskiet, ten spyte van die gewapende wagte wat aangestel is om die renosters op te pas.

Teen Maandag kon die polisie bevestig dat daar vyf aanvallers was en dat hul spore na 'n nabye teerpad gelei het waar hulle vermoedelik deur 'n voertuig opgelaai is.

Intussen het die TLU SA boere en die landbougemeenskap gewaarsku om hulle veiligheidsmaatreëls op te skerp te midde van 'n hernieude reeks aanvalle op plase.

Benewens die Van Zyls, is mnr. Anton Smuts van Kinross, Mpumalanga, Saterdag tydens 'n aanval vermoor. Mnr. James Munroe van Baberton is Sondag oorval deur twee aanvallers. Munroe het die aanval oorleef maar 'n kopwond opgedoen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot