AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8963
-64,00
CORN
06 Okt
-
4939
33,00
SOYA
06 Okt
-
9410
145,00
SUNS
06 Okt
-
10450
168,00
WEAT
06 Okt
-
7210,4
18,40
WMAZ
06 Okt
-
5031
71,00
YMAZ
06 Okt
-
4655
55,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Renosterhorings te koop: Boere maak plan

Dit sal eersdaags wettig wees om renosterhorings wat deur wettige eienaars geoes en opgeberg is, te verkoop.

“Ek sal deur ál my renosterhorings gaan en dié wat van bemarkbare grote is, sê maar meer as 5 kg, uitsoek en te koop beskikbaar stel,” sê mnr. Piet Warren, bekende wildboer en renosterteler van Limpopo.

Dit kom nadat die Grondwethof onlangs beslis het die moratorium op plaaslike handel in renosterhoring moet ter syde gestel word.

Dit beteken dit sal eersdaags wettig wees om horings wat deur wettige eienaars geoes en opgeberg is, te verkoop. Die horings of produkte wat daarvan gemaak is, mag egter net in Suid-Afrika verhandel word, maar die koper en die nuwe eienaar sal daardie horing of produk mag uitvoer.

Die private renostereienaarsvereniging (Proa) is reeds besig om verskillende handelsmodelle vir renosterhoring te oorweeg.

Cites-regulasies

Ingevolgde bestaande Cites-regulasies mag ’n permit uitgereik word wat die wettige eienaar van renosterhoring toelaat om twee renosterhorings per jaar na sy of haar land in te voer. Dié reël gaan renosterboere, soos Warren, kortwiek wat betref kleiner horings en stompies wat oor die jare afgesny is om renosters teen stropers te beskerm.

“As ’n koper net twee horings per jaar mag invoer, gaan hy mos die twee grootste horings moontlik probeer kry om soveel moontlik kilogram renosterhoring te kan verkoop,” sê Warren.

Bewaringslui het kort ná die hofuitspraak kapsie gemaak teen die voorgenome handel. Baie meen die wettige handel gaan renostereienaars verryk, maar sal niks doen om die onwettige jag te stuit nie.

Drastiese afname in stropery

Warren sê egter daar was reeds ’n drastiese afname in pogings om renosters te stroop sedert me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, in Februarie aangekondig het dat sy plaaslike handel wil toelaat.

Kol. Alpheus Mokale van Limpopo se veediefstaleenheid het op ’n onlangse vergadering bevestig dat in Maart vir die eerste keer in baie jare nie ’n enkele renoster in Limpopo gestroop is nie.

Mnr. Sakkie Lourens, ’n oudpolisiekolonel aan die stuur van ’n reservistegroep wat spesialiseer in spoorsny en landelike misdade, het vroeër gesê dit is die enigste manier om dié diersoort te red.

Onwettige handel

“Daar is eenvoudig te veel geld in die onwettige handel. As handel gewettig is, sal stropers prysgewys nie met wettige verkopers kan meeding nie.”

Voor die moratorium in 2009 ingestel is, het buitelandse “jagters” uit onder meer Viëtnam elke jaar twee renosters kom jag en die horings dan ingevolge die Cites-regulasies na hul land uitgevoer om te verkoop.

Groot druk op renosters

Onwettige jag het egter in die afgelope agt jaar groot druk op Suid-Afrika se renosterbevolking geplaas. Die beste opsie is nou om horings te koop wat van lewende diere geoes is, terwyl die renosters weer aanteel.

Warren sê sodra die finale prosedure vir plaaslike handel deur Molewa vasgestel is, sal enigiemand in Suid-Afrika soveel horings kan koop of verkoop as wat hy of sy wil, solank sy of haar permitte in orde is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-0.3%
Rand - Pond
20.13
-0.0%
Rand - Euro
17.65
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,715.42
-0.1%
Silwer
20.54
-0.5%
Palladium
2,262.66
+0.2%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,627
+0.7%
Alle aandele
66,048
+0.7%
Hulpbronne 10
63,313
-0.6%
Industriële 25
80,386
+1.5%
Finansiële 15
14,086
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot