
’n Aankondiging wat dalk die verwydering van alle renosters uit die Kruger-wildtuin kan behels om hulle teen stropery te beskerm, word môre verwag, berig Volksblad.
Volgens mnr. William Mabasa, woordvoerder van die Kruger-wildtuin, wag SANParke op ’n aankondiging môre deur die minister voordat hy kommentaar oor die aangeleentheid sal lewer. “Ons weet nog nie wat die beoogde ingrypings is nie,” het hy gesê.
Die departement van omgewingsake het Vrydag aangekondig dat me. Edna Molewa, minister van omgewingsake, môre die media in Pretoria sal toespreek oor onder meer die uitslag van 2013 se renostersensus wat in die Kruger-wildtuin gehou is en ingrypings wat die land in werking gaan stel om stropery te takel.
Van die renosters wat verwyder sal word, sal 260 aan private kopers verkoop word, terwyl sowat 250 na veilige plekke gebring sal word, is berig.
Bron: Volksblad.