AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Renosters: Polisie, boere vang stropers

Talle renosterstropers is deur die Polisie, boere en bewaringsgroepe vasgetrek.

Vier groepe renosterstropers is die afgelope maand in die distrik Waterberg in Limpopo aangekeer danksy goeie samewerking tussen boere, bewaringsinstansies en die SA Polisiediens.

In die jongste voorval het polisie die oggend van 1 September gereageer op inligting dat twee voornemende stropers in ’n bakkie vanaf Vaalwater na die Entabeni-natuurreservaat naby Mokopane op pad is om ’n renoster te skiet.

Die voertuig is net buite Vaalwater deur die plaaslike polisie afgetrek en twee mans is in hegtenis geneem nadat ’n .308 jaggeweer met ’n knaldemper, ammunisie, byle en messe in hul besit gevind is.

Net ’n week vantevore is ’n groep van vier mans op heterdaad betrap waar hulle op ’n plaas naby Doorndraaidam tussen Mookgophong en Mokopane renosters gejag het. Spore is gekry waar die vier afgelaai is en die polisie het dadelik die hulp van die Spoorsnyers ingeroep.

Hulle het boere in die omgewing oor die plaaswag se radiostelsel se hulp ingeroep om die omliggende paaie af te sper. ’n Halfuur nadat met die operasie begin is, is die vier vermeende stropers aangekeer toe hulle terugbeweeg na die hoofpad waar hulle vermoedelik weer opgelaai sou word. ’n Jaggeweer met ’n knaldemper, ammunisie, ’n verkyker, byle en messe is in die verdagtes se besit gevind.

Net ’n week voor dié voorval is vyf mans naby Vaalwater in hegtenis geneem in verband met twee renosters wat die vorige week op ’n plaas in die Stockpoort-

omgewing geskiet is.

In nóg ’n voorval is agt vermeende renosterstropers, onder wie ’n polisiereservis van Johannesburg, op 16 Augustus deur die polisie in hegtenis geneem.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.06
-0.1%
Rand - Pond
21.02
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,013.09
+0.2%
Palladium
1,658.92
-0.6%
Goud
1,953.57
+0.2%
Silwer
24.35
+1.6%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,610
-0.2%
Alle aandele
79,744
-0.1%
Hulpbronne 10
74,710
-0.6%
Industriële 25
102,634
+0.1%
Finansiële 15
16,505
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geskei, soek vriende, wat van 'n roadtrip iemand.???
Wel ek is baie rustigge mens, ek rook nie, ek drink nie, ek is gelukkig om net by my huis te wees, braai en lekker kuier, bosveld is my ding. Roadtrip enige iemand. ??
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot