AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Rentekoers kon verlaag het

Hoewel ekonome verstaan hoekom rentekoerse onveranderd gelaat is, meen hulle die Reserwebank kon dit met nog 0,5% gesny het.

Hoewel ekonome verstaan hoekom rentekoerse onveranderd gelaat is, meen hulle dit kon - veral tot voordeel van boere - met nog 0,5% gesny geword het.


Me. Gill Marcus, president van die Reserwebank, het Donderdag (20 Januarie), aangekondig dat rentekoerse vir eers onveranderd gaan bly. Die repokoers is tans 5,5%, terwyl die prima-terugkoopkoers 9% is.


Kapitale voordeel

Laer rentekoerse, meen mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid, sou wel tot voordeel van boere se kapitale belegging gewees het. “Ook as mens die sterker rand in ag neem sou ‘n laer rentekoers gehelp het met die pryse wat boere tans vir kommoditeite kry.”


Mnr. Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Santam Landbou, sê hy reken ook dat ‘n laer rentekoers tot voordeel van veral wyn- en vrugteboere sou gewees het, aangesien die pryse wat dié produkte tans op internasionale markte  verdien, laag is.


Internasionale prentjie

Janovsky sê as die vlakke van internasionale rentekoerse tans in ag geneem word, kan hy wel verstaan hoekom geen verlaging oorweeg is nie. “Met inflasiekoersvlakke en wisselkoersbewegings verstaan `n mens waar die besluit vandaan kom,” merk Doyer op.


Volgens Janovsky was die besluit die regte een as die huidige skuldskikkings in Europa in ag geneem word, veral weens die invloed wat dít op die vloei van fondse na Suid-Afrika kan hê. “Dinge is maar tans op ‘n mespunt, want `n mens weet nie of nog skikkings kom – wat ‘n invloed op die rand en internasionale rentekoerse kan hê nie.”


Na verwagting sal rentekoerse in Suid-Afrika vir die res van die jaar rondom huidige vlakke beweeg.


24 Januarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.15
-5.1%
Palladium
1,622.22
-2.9%
Goud
1,864.87
-2.5%
Silwer
22.38
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot