AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rentmeesterwenner pas uitsonderlike bestuur toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Andrew Morphew (tweede van links) van Colbourne Farm is vanjaar die melkboer-rentmeesterskapwenner. Links van hom is mnr. Peter Morphew, sy pa, en regs mnre. Ivo Buratovich, besturende direkteur van Fairfield Dairy wat Andrew benoem het, en Jean Adam en Jorgen Wilkström, plaasbestuurders. Foto: MPO
Mnr. Andrew Morphew (tweede van links) van Colbourne Farm is vanjaar die melkboer-rentmeesterskapwenner. Links van hom is mnr. Peter Morphew, sy pa, en regs mnre. Ivo Buratovich, besturende direkteur van Fairfield Dairy wat Andrew benoem het, en Jean Adam en Jorgen Wilkström, plaasbestuurders. Foto: MPO
’n Melkboer wat sy konvensionele boerdery die afgelope twee jaar tot een omskep het wat 100% organies is, is as vanjaar se wenner van die Melkprodusente-organisasie (MPO) en Nedbank se rentmeesterskap-eerbewys aangewys.

Dit word met die samewerking van die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) en The Dairy Mail aangebied.

Mnr. Andrew Morphew van Colbourne Farm naby Howick in KwaZulu-Natal se boerdery is deur die beoordelaars as “van topgehalte en uiters aggressief in die toepassing van die korrekte metodes” beskryf, met ’n gretigheid om te verbeter waar moontlik.

Die beoordelaarspaneel, bestaande uit dr. Heinz Meissner van Melk SA, mnr. Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap, en mee. Sue Viljoen van die WWF en Barbara Bieldt van die MPO, het Morphew en sy bestuurspan, mnre. Jean Adam en Jorgen Wilkström, as formidabel beskryf.

“Hulle is hoogs bekwaam en boer met die nodige selfvertroue om rasionele besluite op hul terrein te kan neem.”

Die MPO sê in ’n verklaring die jaarlikse eerbewys gee erkenning aan melkboere wat volhoubare boerderypraktyke en bewaring toepas, hoë standaarde van dieresorg en ’n doeltreffende bestuursprogram vir kuddegesondheid handhaaf, ’n hoë lewensgehalte vir al die mense op die plaas verseker en waarde toevoeg tot die plaaslike gemeenskap, ’n gesonde, veilige produk van hoë gehalte produseer, en winsgewendheid op ’n deurlopende grondslag verbeter deur versterking van die onderneming se veerkragtigheid of kapasiteit om wisselvalligheid en ongunstige gebeure te hanteer en doeltreffendheid op die plaas te verhoog.

Bemagtig met kennis

Volgens die beoordelaars het Morphew het homself bemagtig met kennis oor talle volhoubare suiwelonderwerpe. Hy het indrukwekkende vlakke van insig en begrip oor praktyke om grondgesondheid en grondkoolstof op te bou sodat hy nie op chemiese bemesting of produksiemiddele hoef staat te maak nie.

“Morphew se kuddegesondheidsbestuur is uitstaande, met ’n uitsonderlik gemiddelde somatiese seltelling.  Die noukeurige rekords en algehele vlak van sindelikheid en higiëne stel ’n baie hoë standaard.”

Morphew het R40 000 van Nedbank ontvang om rentmeesterskapdoelwitte op sy plaas na te volg. 

Naaswenners

Mnr. Simon en me. Stacey Miller van Sherwood Farm by Moorivier, KwaZulu-Natal, was tweede en mnr. Jake Crowther van Oakhurst Farm by Hoekwil in die Wes-Kaap derde. Hulle ontvang onderskeidelik R30 000 en R10 000 om aan rentmeesterskapdoelwitte te bestee.

rentmeester
Mnr. Simon en me. Stacey Miller van Sherwood Farm is die naaswenners. Foto: MPO
rentmeester
Mnr. Jake Crowther (regs) van Oakhurst Farm, wat in die derde plek aangewys is, saam met mnr. Alastair Winfield, plaasbestuurder. Foto: MPO

Die beoordelaars beskryf die Millers as toegewyde jong boere. Stacey spits haar toe op kuddegesondheidsbestuur en Simon op gesonde grond en optimale weidingsbestuur. Hulle spits hulle ook toe op die herstel en instandhouding van vleilande, die skep van natuurlike bewegingskorridors vir wild en die voorsiening van voer aan wilde voëls.

Crowther word beskryf as ’n boer wat voorkomend optree, oop is vir voorstelle en insette en werklik sy beste wil doen om die rentmeesterskap van sy hulpbronne te verbeter en so volhoubaar moontlik te boer.

Sy boerdery word goed bestuur en hy benut alle geleenthede om sy boerderybedrywighede te diversifiseer.

“Die insluiting van agritoerisme op sy plaas deur die herbenutting van vervalle plaasgeboue om as vakansieverblyf te dien, is nie net innoverend nie, maar skep ook werkgeleenthede en ondersteun die gemeenskap,” luidens die verklaring.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.0%
Rand - Pond
20.16
-0.3%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,708.23
-0.3%
Silwer
20.64
-0.1%
Palladium
2,277.53
+0.7%
Platinum
931.50
+0.7%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,262
-0.3%
Alle aandele
65,658
-0.3%
Hulpbronne 10
63,190
-0.1%
Industriële 25
79,721
-0.4%
Finansiële 15
14,004
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot