
Reproduktiewe prestasie daal en die tussenkalfperiode (TKP) neem toe op baie melkplase waar intensiewe melkproduksie plaasvind, het dr. Henk Hogeveen van die besigheids- ekonomiese groep van die Universiteit van Wageningen in Holland op die jaarkongres van die Veegesondheid- en Produksiegroep van die SA Veterinêre Vereniging op Skukuza in die Kruger-wildtuin gesê.
Hulle het met behulp van 'n simulasiemodel gebaseer op vyfduisend melkkuddes in Holland, vasgestel 'n plaas met 'n gemiddelde en swak reproduksie verloor onderskeidelik R490 en R3 331 per koei per jaar in vergelyking met 'n melkplaas met 'n goeie prestasie.
Hy het gesê boere moet ook besluit wanneer om op te hou om 'n koei te KI as sy nie vat nie en dus uitgeskot moet word. Koeie wat reeds 'n paar keer nie suksesvol ge-KI is nie, het 'n kleiner kans gehad om met die volgende KI weer dragtig te raak as koeie wat net een keer nie suksesvol ge-KI is nie.